Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
‘Benoni-Bombshell’ stomgeslaan oor nóg ’n Oscar-benoeming
Charlize Theron is vir die derde keer vir ’n Oscar benoem. Foto: Getty Images

Charlize Theron, Suid-Afrika se eie Bombshell van Benoni, is wéér vir ’n Oscar benoem en sy kon dit skaars glo toe dié aankondiging Maandagmiddag Suid-Afrikaanse tyd gedoen is.

Dit is Theron se derde Oscar-benoeming nadat sy vir Monster, waarvoor sy die Oscar huis toe geneem het, en North Country benoem is.

Holy shit. Ek is stomgeslaan. Dankie @TheAcademy,” het Theron ná die aankondiging op Twitter geskryf.

Sy het ook gesê om aan die Bombshell-fliek te werk, was een van die grootste hoogtepunte van haar loopbaan, waarna sy haar regisseur, medeakteurs en skrywer bedank het.

Renée Zellweger is vir haar rol in Judy benoem. Foto: Getty Images

Theron se 2020 het reeds met twee spoggeleenthede afgeskop, waar sy die Golden Globe- en Critics Choice-toekenningsaand bygewoon het. Sy sal ook die Screen Actors Guild Awards (SAG) op 19 Januarie bywoon.

Cynthia Erivo is vir haar rol in Harriet benoem. Foto: Getty Images

Sy is ook vir dié geleenthede vir haar rol as Megyn Kelly in Bombshell benoem, maar moes die knie voor Renée Zellweger buig, wat die prys vir Judy weggeraap het. Sy is ook vir ’n Oscar benoem.

Saoirse Ronan is vir haar rol in Little Women benoem. Foto: Getty Images

Zellweger, wat onder meer bekend is vir haar rol as die loskop Bridget Jones in Bridget Jones’s Diary, vertolk die rol van Judy Garland wat 30 jaar nadat sy in The Wizard of Oz verskyn het, weer in Londen optree.

Ander benoemings in die kategorie vir beste aktrise sluit Cynthia Erivo, Saoirse Ronan en Scarlett Johansson in.

Erivo is vir haar rol in Harriet benoem wat handel oor die slavin Harriet Tubman wat uit slawerny ontsnap het sodat sy honderde slawe kon help om ook vryheid te kry.

Ronan is vir haar rol in Little Women benoem waarin haar karakter Jo March in New York woon ná die burgeroorlog en haar bestaan as skrywer maak.

Johansson is vir haar rol in Marriage Story benoem waarin sy as getroude vrou sukkel met haar en haar man se rondtrekkery wat uiteindelik daartoe lei dat hulle skei.

Bombshell gaan oor die vroue wat die Amerikaanse televisievervaardiger Roger Ailes van Fox News se seksoortredings uitgelig het. Ailes het in Julie 2016 bedank nadat aantygings van seksuele teistering aan die lig gekom het.

Die Oscar-toekenningsaand word op 10 Februarie in die Dolby-teater in Los Angeles in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië gehou.

Meer oor:  Bombshell  |  Renee Zellweger  |  Charlize Theron  |  Megyn Kelly  |  Oscars 2020
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.