Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Beyoncé en Adele sing saam? Dis toe al die tyd net ’n grap!

Sosialemediagebruikers was die naweek Crazy in Love nadat daar wyd berig is dat die popmusiekikone Beyoncé en Adele saam ’n liedjie opgeneem het.

Dié nuus was egter net te goed om waar te wees.

’n Gerug het sedert die naweek die ronde begin doen dat die Amerikaanse sangeres Beyoncé saam met die Britse sangeres Adele op ’n One Republic-liedjie gehoor sal word.

Adele en Beyoncé gaan nie saam met Chris Martin en One Republic sing nie. Foto: Getty Images

Ryan Tedder, die voorsanger van One Republic, het tydens ’n onderhoud op die rooi tapyt by die Global Citizen-fees in New York op ’n vraag gesê Beyoncé, Adele en Chris Martin van Coldplay-faam sing saam op een van hul nuwe liedjies.

’n Omroeper van die radiostasie Z100 het gevra of daar enige geheime is om te deel oor One Republic se nuwe liedjies.

Tedder het geantwoord: “Ons het ’n liedjie waarop Beyonce en Adele sing en Chris Martin (van Coldplay) klavier speel.”

Die internet het onmiddellik begin gons, want aanhangers smeek al vir jare dat Beyoncé en Adele moet saamsing en Adele maak geen geheim daarvan dat sy een van Beyonce se grootste aanhangers is nie.

Dié gerug was eintlik toe al die tyd net ’n grap, het Tedder op Instagram gebieg.


Meer oor:  Chris Martin  |  Adele  |  Beyoncé
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.