Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Bill Cosby nog twee eerbewyse kwyt

Die komediant Bill Cosby is nog twee pryse kwyt nadat hy verlede maand daaraan skuldig bevind is dat hy minstens een vrou bedwelm en betas het.

Bill Cosby
Die trustees van die Kennedy Center het eergister aangekondig hy trek sy twee artistieke eerbewyse – die Kennedy Center-prys (1998) en die Mark Twain-prys vir humor (2005) – 
terug.

“Weens Cosby se onlangse strafregtelike skuldigbevinding het die raad besluit sy optrede oorskadu die loopbaanpresta-sies waaraan hierdie eerbewyse hulde wil bring,” lui ’n verklaring.

Talle universiteite het reeds die eregrade teruggetrek wat hulle vroeër aan die 80-jarige Cosby toegeken het.

Die Academy of Motion Pic­ture Arts and Sciences, wat jaarliks die Oscar-pryse uitdeel, het verlede week gesê hy het Cosby ook uitgeskop.

Cosby het bekend gestaan as “die VSA se pa” vanweë sy rol in die uiters gewilde komediereeks The Cosby Show, wat in die 1980’’s op TV uitgesaai is. Baie burgerlike, onderrig- en artistieke instellings het hom sedertdien vereer as iemand wat mense oor kleurgrense heen verenig het.

Hy het ook ’n baie groot rol gespeel in die ontwikkeling van komedie in die VSA. – Reuters

Meer oor:  Celebs  |  Seksuele Aanranding  |  Vermaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.