Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Bill en Melinda Gates skei ná 27 jaar

Ná 27 jaar van getroude lewe saam het die paartjie Bill en Melinda Gates Maandag ’n egskeiding aangevra en sê hulle dink nie hulle kan meer as ’n paartjie verder groei nie.

Hulle sal egter nie toelaat dat hul egskeiding die werk van die Bill & Melinda Gates-stigting beïnvloed nie.

Die paartjie voer in dokumente aan hul huwelik is beskadig, maar sê hulle het ’n ooreenkoms bereik oor hoe hulle hul bates sal verdeel.

Bill en Melinda Gates het ná 27 jaar se getroude lewe hofdokumente ingedien om te skei. Foto: Reuters

Dít is egter nie by die dokumente ingesluit wat Maandag in ’n hof in die stad Seattle in die Amerikaanse deelstaat Washington ingedien is nie.

Gates (65), medestigter van Microsoft Corp, en Melinda (56) het ontmoet nadat sy as ’n produkbestuurder by Microsoft aangesluit het. Hulle het vir ’n paar jaar uitgegaan voordat hulle in 1994 in die deelstaat Hawaii getroud is.

“Nadat ons baie hieroor gedink het en baie aan ons verhouding gewerk het, het ons saam besluit om ons huwelik te beëindig,” lui ’n verklaring op hul onderskeie Twitter-rekeninge.

“Ons glo nie dat ons meer saam as ’n paartjie in die volgende fases van ons lewe kan groei nie.”

Gates en Melinda het ook vir ruimte en privaatheid vir hul familie gevra terwyl hulle deur hierdie nuwe fase van hul lewe navigeer.

Die Bill & Melinda Gates-stigting, wat in 2000 tot stand gekom het, het een van die magtigste en invloedrykste stigtings in wêreldwye gesondheid geword met meer as $50 miljard wat die afgelope twee dekades geskenk is om armoede en siektes te bestry.

Die stigting sê in ’n verklaring Gates en Melinda sal steeds medestigters bly en steeds saam by die stigting werk.

Die paartjie het verlede jaar $1,75 miljard vir Covid-19-verligting geskenk.Reuters

Meer oor:  Melinda Gates  |  Bill Gates  |  Ooreenkoms  |  Stigting  |  Egskeiding  |  Bates
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.