Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Bill en Melinda is geskei!

Bill en Melinda Gates, een van die wêreld se rykste egpare, is ná 27 jaar amptelik geskei.

Luidens ’n hofdokument is dit van die duurste egskeidings in die geskiedenis.

Die skeisaak is Maandag deur ’n hof in Seattle in die Amerikaanse deelstaat Washington bekragtig.

Melinda en Bill Gates in 2015. Foto: Reuters

Bill, medestigter van Microsoft, is volgens Bloomberg die vierde rykste persoon in die wêreld met ’n rykdom van $151 miljard.

Die egpaar is die medestigters van die Bill and Melinda Gates Foundation, een van die wêreld se grootste private liefdadigheidsorganisasies, wat ook ’n kantoor in Johannesburg het.

Die stigting het die afgelope 20 jaar sowat $50 miljard geskenk om armoede en siektes wêreldwyd te bekamp.

Die organisasie het ook verlede jaar $1,75 miljard geskenk vir veldtogte om Covid-19 te beveg.

Bill en Melinda het op 3 Mei op Twitter aangekondig hulle gaan skei, maar dat hulle sal voortgaan met hul filantropiese werk.

Hulle het ook vroeër genoem dat hulle onder mekaar uitgeklaar het hoe hulle hul bates gaan verdeel. Daar is in Maandag se hofbevel geen verdere besonderhede hieroor genoem nie. Reuters

gates
Meer oor:  Egskeiding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.