Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Bles se kleindogter verloof aan Amerikaanse soldaat
Sunette Bridges het Vrydag dié foto-collage van haar dogter, Ashleigh, se verlowing met Kenny op Facebook gedeel. Foto: Facebook/Sunette Bridges

Die ontslape Afrikaanse sanger Bles Bridges se model-kleindogter Ashleigh Venter (25) is verloof.

“Oe JIPPPPEEEEEE!!!!!! Ek gaan ’n Skoonma word!!!! BAIE geluk my Liefste Ash en Ken! My beker loop oor . . . Mx,” het haar ma, Sunette Bridges, Vrydag op Facebook geskryf.

Sunette het ’n foto-collage van die groot gebeurtenis saam met die inskrywing geplaas. Die foto’s is geneem tussen Amerikaanse landsvlae.

In die kommentaarveld van die Facebook-plasing het gelukwensings ingestroom. Sommiges het selfs hardop gewonder of hulle die knoop gaan deurhaak by Sunette se trouvenue, Rivers & Bridges.

Meer oor die paartjie en hul verlowing is nie in hierdie stadium bekend nie en Netwerk24 kon Maandag nie onmiddellik kommentaar by Sunette bekom nie.

Nes haar ma woon Ashleigh ook in Amerika waar sy modelwerk doen.

Op sosiale media staan sy as Ashleigh Elizabeth bekend.

Sy deel grotendeels foto’s van haar modelwerk op Instagram, maar so dan en wan wys sy ook die man in haar lewe wat op dié platform net as Ken bekendstaan. Hy is ’n Amerikaner.

Vroeër is berig dat hy in die Amerikaanse vloot is en in die buiteland ontplooi is.

Ashleigh saam met die man in haar lewe, Kenny. Foto: Instagram/Ashleigh Elizabeth

Die laaste foto van die paartjie is twee weke gelede geplaas. Hulle is op die strand en Ashleigh leun vorentoe teen Ken, terwyl hulle diep in mekaar se oë kyk.

Ashleigh het in Engels daarby geskryf: “Elke dag wat ek saam met jou kan spandeer, is ’n geskenk wat ek vir ewig sal bewaar”.

Ashleigh en Ken het ook twee vierpootkinders, ’n Dalmatiese hond en ’n goue apporteerhond (golden retriever).

Saam met ’n foto van die vier van hulle op Instragram skryf Ashleigh dat haar klein familie die wêreld vir haar beteken.

Die paartjie, Ashleigh en Kenny, saam met hul honde. Foto: Instagram/Ashleigh Elizabeth
Die model-kleindogter van die ontslape sanger, Bles Bridges, het onlangs verloof geraak. Foto: Instagram/Ashleigh Elizabeth
Ashleigh neem graag foto’s saam met haar Dalmatiese hond. Foto: Instagram/Ashleigh Elizabeth
Meer oor:  Sunette Bridges  |  Bles Bridges  |  Verlowing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.