Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Bobby dra onderbroek vir masker

Die sanger Bobby van Jaarsveld wou graag ’n beskermende masker oor sy gesig hou om hom te beskerm teen die koronavirus, maar daar was geen maskers op O.R. Tambo-lughawe in Gauteng te koop nie.

Toe het hy Dinsdag aan ’n ander plan gedink om ’n masker te prakseer – sy onderbroek.

Hy het foto’s op Instagram geplaas waar hy ’n blou Jockey-onderbroek oor sy gesig vashou wat sy neus en mond bedek.

“ ’n Boer maak ’n plan,” skryf hy onderaan die foto’s. “Ek het nou in een van hulle verander. Met al die maskers wat uitverkoop is moet my Jockey maar nou werk. Ek kan nie wag om by die huis te kom nie.”

Van Jaarsveld met sy onderbroek oor sy gesig.Foto: Instagram
  • Van Jaarsveld het die hutswoorde #corona, #mask, #jockey, en #lockdown by die plasing gebruik. Hy het ook die vervaardiger van die onderbroek in die foto genoem .

Talle vriende en aanhangers van Van Jaarsveld het sy plasing amusant gevind en het kommentaar onderaan die plasing gelewer. “Ontie melontie,” het sy suster, die sangeres Karlien van Jaarsveld, gesê.

“Jockey van Jaarsveld,” het ’n aanhanger gegrap. “Ek hoop daardie ontie is skoon,” sê ’n ander.

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) hoef gesonde mense net maskers te dra wanneer hul iemand versorg of in kontak is met iemand wat vermoedelik die virus het.

Die WGO raai mense aan om ook ’n masker te dra as hulle hoes of nies. “Maskers is slegs doeltreffend wanneer jy gereeld jou hande was met alkohol gebaseerde skoonmaakmiddels of seep en water.”

In ’n video wat Nios uitgereik het, sê prof. Cheryl Cohen, Nios se hoof van respiratoriese siektes: “Om ’n masker te dra, sal sekerlik geen skade doen as dit jou veiliger laat voel nie”.

Meer oor:  Bobby Van Jaarsveld  |  Koronavirus  |  Masker  |  Sanger
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.