Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Bobby laat almal wonder oor hospitaaltoetse

Aanhangers van die bekende Afrikaanse sanger Bobby van Jaarsveld is bekommerd nadat hy Dinsdagaand ’n foto en kriptiese boodskap oor ’n hospitaalbesoek in Johannesburg op Instagram gedeel het.

“Ek spandeer ’n paar nagte in die hospitaal vir ’n klomp toetse,” het hy op Instagram gesê. “Alles sal uiteindelik oukei wees. As dit nie oukei is nie, is dit nie die einde nie.”

Daarby het hy ’n kaalbors-foto van homself in die spieël geplaas. Hy het ’n verband om sy kop, is aan suurstof gekoppel, en het ook ’n masjientjie aan hom vasgemaak met verskillende kleure drade daaraan gekoppel.

Die foto wat die sanger Bobby van Jaarsveld van homself gedeel het. Foto: Instagram/Bobby van Jaarsveld

Oor watter toetse op hom gedoen word, het hy nie ’n woord gerep nie.

Ook sy ma, Ronel Brink, wou Woensdag nie daaroor praat nie behalwe om te sê hy is oukei.

Pogings om hom te bereik was ook onsuksesvol.

“Lief vir jou,” het sy bekende sangeres-sussie, Karlien van Jaarsveld, onderaan sy plasing gesê.

Maandagaand nog het Bobby, Karlien, hul ander suster, Cara, en ander familielede lekker met kitare onder die blad saamgekuier en liedjies gesing.

“Ek dog iemand het ’n bom aan jou geknoop. Sterkte,” het die sanger Steve Hofmeyr op Instagram gesê. “Wat gaan aan???” het die sangeres Karen Zoid gevra, maar dit is nie beantwoord nie.

“Dink aan jou, word gou beter,” het ander aanhangers laat weet.

Meer oor:  Bobby Van Jaarsveld  |  Johannesburg  |  Hospitaalbesoek  |  Boodskap  |  Kripties
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.