Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Bobby van Jaarsveld: Die hare waai – letterlik!
Freya Labuschagne werk Maandag aan Bobby van Jaarsveld se nuwe, korter hare. Foto: Instagram/@garyromhair
Bobby van Jaarsveld se hare op die haarsalon se vloer nadat dit afgeskeer is. Foto: Instagram/@bobbyvanjaarsveld

Dis nie ’n grap nie, maar die hare waai!

Die sanger Bobby van Jaarsveld het Dinsdag sy hare kort geskeer.

“Só moet ’n man sonder hare mos sweet in die winter,” het Van Jaarsveld Dinsdag op Instagram gesê toe hy ’n foto deel waar hy oefen met ’n pet op sy kop.

Van Jaarsveld het eers ’n foto op Instagram gedeel van ’n hopie swart hare op die vloer by die Gary Rom-salon in Woodlands Boulevard, Tshwane.

“Nadat ek vir maande lank probeer het om my hare terug te kry na hoe dit was voordat ek my hare vir ’n televisieprogram moes kleur, was hierdie my enigste opsie,” het Van Jaarsveld op Instagram gesê.

Ronel Brink, Van Jaarsveld se ma en bestuurder, het bevestig dat hy inderdaad sy hare geskeer het.

Freya Labuschagne, Van Jaarsveld se haarstilis, sê dat Van Jaarsveld se hare darem nie poenskop gesny is nie, maar net baie kort.

“Hy het sy hare donker gekleur vir die program Mense Mense, maar as jy ’n ligter kleur daarin sit dan is sy hare geneig om ’n warm skakering te kry. Dus wou ons ontslae raak van die donker hare sodat sy natuurlike kleur weer kan uitgroei,” verduidelik Labuschagne.

Labuschagne sê dat Van Jaarsveld se hare nie natuurlik blond is nie, maar ligbruin.

Brink kon nie ’n foto van Van Jaarsveld se nuwe haarstyl deel nie.

So moet ñ man sonder hare mos sweet in die winter.

A post shared by Bobby Van Jaarsveld (@bobbyvanjaarsveld) on



Meer oor:  Bobby Van Jaarsveld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.