Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
‘Boer soek ’n vrou’-paartjie verloof
Anchen wys haar ring terwyl Gerrit ’n gesig trek.Foto: Instagram/Anchen van Rensburg

“Ek het dadelik geweet jy is die een vir my. Ek het jou gesien en dadelik diep binne my geweet.”

Dit was die woorde van Anchen van Rensburg (27) nadat sy en boer Gerrit Genis (31) van die 13de seisoen van die werklikheidsprogram Boer soek ’n vrou op kykNET Vrydag verloof geraak het.

Gerrit, ’n sitrusboer van Citrusdal, was nie een van die topvyf boere op die program nie, maar nietemin het hy sy vrou gekry. Anchen, ’n laerskoolonderwyseres van Bredasdorp, het oorspronklik ingeskryf vir boer Graham Lombard, en hy het haar gekies as een van sy topvyf.

Anchen wys haar ring terwyl Gerrit in die agtergrond glimlag.Foto: Instagram/Anchen van Rensburg

Maar Graham het haar nie gekies om saam met hom plaas toe te gaan nie en kort daarna het Anchen en Gerrit mekaar gevind.

“Dankie Here vir hierdie ongelooflike mens (soon to be husband) wat U oor my pad gestuur het! Ek kon nie vir beter vra nie,” skryf sy op Instagram.

“Gerrit Genis, jy dra my daagliks op jou hande, jou liefde vir my is soos ’n snoesige wolkombers waarin jy my elke dag toevou! Ek is ongelooflik dankbaar vir jou en dat jy vir my kom wys het wat ware liefde is!

“Ek is so lief vir jou en ek kan nie wag om jou vrou te wees nie . . . my verloofde!”

Sy het ’n reeks foto’s van hulle twee gedeel met wat lyk soos ’n sonsopkoms op ’n plaas. Sy het ’n reeks naby-foto’s van haar goue diamantring gedeel en een van hulle twee by ’n swembad.

Die twee het in Januarie vanjaar vir die eerste keer op Instagram gesê dat hulle ’n paartjie is.

Ilne Prinsloo, die meisie wat Graham uiteindelik gekies het, het kommentaar gelewer op Anchen se plasing op Instagram en het geskryf: “So bly!” Ilne en Graham se verhouding het uiteindelik nie uitgewerk nie.

Gerrit was nie onmiddellik beskikbaar om meer besonderhede oor die spesiale dag te deel nie.

Lees hier oor hoe die twee ware liefde gevind het.

Die verloofde paartjie.Foto: Instagram/Gerrit Genis
Meer oor:  Liefde  |  Boer Soek 'N Vrou  |  Verloof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.