Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Boer Toanette sê nr. 3 is haar ‘sielsgenoot’
Toanette Els (24) van die 11de reeks van ‘Boer soek ’n vrou’ is verloof. Foto: Facebook/Toanette Els

Skaars drie maande nadat Toanette Els (24), wat die enigste vrou was wat aan die vorige reeks van Boer soek ’n vrou deelgeneem het, met haar tweede keuse in dié gewilde werklikheidsreeks op kykNET as kêrel uitgemaak het, is sy aan ’n ander man verloof.

Els het die naweek op haar Facebook- en Instagram-profiel aangekondig dat sy verloof is.

Sy wil egter nie verklap wie die gelukkige man is nie. “Hy hou nie van publisiteit nie en wil vir eers nie daaraan blootgestel word nie, maar ons sal nog ’n foto deel.”

Els wil nie eers sê hoe haar aanstaande haar gevra het om sy vrou te word nie. “Ons wil dit vir nou nog geheim hou,” het sy Maandagmiddag giggelend oor die telefoon gesê.

’n Vriendin van haar het haar verloofde aan haar voorgestel. “En toe het dinge net begin gebeur,” sê Els.

Toanette Els en Adriaan Koch was tot einde Julie in ’n verhouding. Koch was Els se tweede keuse in ‘Boer soek ’n vrou’.Foto: Facebook/Toanette Els

Sy het op haar Facebook-blad geskryf dat haar “hele lewe verander het” die dag toe sy haar verloofde ontmoet het.

“Toe ek nie eens na liefde gesoek het nie, toe het die Here uiteindelik vir my die regte man gestuur wat HY (sic) geweet het is vir my bedoel. Jy het my stomgeslaan.”

Els, wat reeds ingetrek het by haar verloofde in die Emalahleni-distrik in Mpumalanga beskryf hom as haar sielsgenoot. “Ek was nog nooit so seker oor iets in my lewe nie. Ek het nog nooit so gevoel nie. Jy is myne vir altyd, ek sal jou koester en beskerm en jou hart op my hande dra (sic).”

Els het in 2018 tydens die verfilming van die 11de reeks van Boer soek ’n vrou haar hart verloor op Nardus van Wyk (25), ’n boer van die Dwaalboom-distrik naby Thabazimbi. Hul liefdesbootjie het in Maart gesink.

Toanette Els en Nardus van Wyk, wat sy as haar kêrel gekies het tydens die verfilming van die 11de reeks van ‘Boer soek ’n vrou’.Foto: Facebook/Toanette Els

Haar pad het daarna weer gekruis met Adriaan Koch (29), wat in die reeks haar tweede keuse was. Hul geluk was egter van korte duur en hulle is sedert einde Julie nie meer ’n paartjie nie.

Els sê sy kyk die nuwe reeks. “Ek is veral baie bly vir Damian wat die meeste briewe gekry het,” sê sy.

Boer Damian (37) is die eerste gay man wat aan die reeks deelneem. Hy is ’n bees-en-skaapboer in Bapsfontein in Gauteng.

Els bied steeds kursusse in natuurbewaring aan en beplan ook om ’n kursus in bemarking te doen.

Meer oor:  Boer Toanette  |  Toanette Els  |  Boer Soek ’N Vrou  |  Vermaak  |  Verloof  |  Celebs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.