Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Bok en Hanna opgewonde oor nog ’n dogtertjie
Hanna Grobler het hierdie foto Dinsdagaand op Instagram geplaas toe sy die blye tyding bekend gemaak het dat sy met nog ’n dogtertjie swanger is. Foto: Instagram/Hanna Grobler

Die sanger Bok van Blerk en sy vrou, die aktrise Hanna Grobler, is baie opgewonde daaroor om binnekort nog ’n dogtertjie ryker te word.

Die egpaar is reeds die trotse ouers van ’n seun en ’n dogter, Samuel (4) en Yamila (2), wat nie kan wag om hul babasussie te ontmoet nie.

“Ons is baie bly om weer ouers te word van ’n dogtertjie. Ek weet self hoe dit voel om ’n sussie te hê en ons is baie na aan mekaar, so ek is opgewonde vir my dogtertjie dat sy ’n sussie gaan hê,” sê Grobler.

“Samuel is baie oulik met klein kindertjies, so hy is ook opgewonde. Hy was net ’n bietjie bekommerd, want hy sê vir my hy weet nou nie hoe hy na twee dogtertjies gaan kyk nie – hy voel baie verantwoordelik!”

Grobler is nou vier maande swanger.

Sy het die nuus Dinsdagaand op Instagram met haar aanhangers gedeel.

Bok van Blerk en Hanna Grobler op sy verjaarsdag en hul huweliksherdenking in Maart vanjaar. Foto: Instagram/Hanna Grobler

Die egpaar het nog nie op ’n naam vir die kleinding besluit nie.

“Ek kry gewoonlik eers die naam hier teen die einde van die swangerskap en ek hou daarvan dat die Here my lei met die naam wat ons kies,” sê Grobler.

Haar wens vir hul ongebore baba is dat sy eendag die mens is wat sy bestem is om te wees.

“Ons almal het ’n pad wat ons moet stap en my wens sal wees dat sy haar einddoel bereik en voluit in haar roeping sal stap.”

Bekendes soos Ricus Nel, Leandie du Randt en Cindy Swanepoel het die egpaar op Instagram met die swangerskap gelukgewens.

Meer oor:  Bok Van Blerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.