Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Bokke wen 116 – 9, voorspel Dowwe Dolla

116 – 9. Dít is die eindtelling, in die guns van die Springbokke, wat Dowwe Dolla vir Sondag se Wêreldbeker-halfeindstryd in Jokohama teen Wallis voorspel.

Dowwe DollaFoto: Argief

Dowwe Dolla is geweldig opgewonde oor dié wedstryd, omdat sy en haar pelle ’n nuwe drinking game spesiaal hiervoor ontwerp het, sê die aktrise Margit Meyer-Rödenbeck oor haar karakter.

“Elke keer as Faf (de Klerk, skrumskakel) pass, moet hulle ’n Springbokkie afsluk. Go Bokke!” juig Rödenbeck.

“Natuurlik wil ons nie hê hy moet skop nie.”

Benewens genoeg van dié drankie sal Dolla die wedstryd “soos ’n egte boeremeisie” met biltong en droëwors geniet.

Dolla sal Sondag om 11:00 met die wedstryd se afskop waarskynlik by Die Boer-restaurantteater in Durbanville wees, waar sy “gereeld rondflerrie”.

Anton GoosenFoto: Argief

Die liedjieboer Anton Goosen sal die wedstryd op sy televisie in Gansbaai met kalmeerpille byderhand kyk, sê hy.

“Baie sterkte. Ons kyk vir julle en hou die hand op die kitaar,” sê Goosen.

“Ek dink die uitslag gaan redelik naby wees. Ek dink nie ons praat hier van ’n wegholoorwinning nie.”

Goosen voorspel ’n oorwinning met drie of vyf punte vir die Bokke.

Danie du Toit Foto: Jaco Marais

Danie du Toit, hoofsanger van Spoegwolf, verwag ’n sege met tien punte.

“Bokke, hanteer dit soos enige ander game, geniet dit net, speel vir mekaar – speel vir die span,” is sy boodskap.

Hy en sy vriendin, die aktrise Marguerite van Eeden, sal die wedstryd in Yzerfontein saam met onder andere haar pa kyk.

Hy sal ’n Castle-bier in die hand hê, die vuur sal reeds brand en hulle sal ná die tyd braai.

Leandie du RandtFoto: Facebook/Leandie du Randt

Die aktrise en TV-aanbieder Leandie du Randt wens ook die Bokke sterkte toe.

“Al wat jy kan doen, is om jou bes te doen. Ons staan agter julle.”

Du Randt voorspel ’n net-net-wen vir Suid-Afrika.

Sy gaan die wedstryd in Gauteng saam met haar familie kyk met rooiwyn, biltong, kaas en koekies op die spyskaart.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.