Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
‘Bond’-aktrise gesond ná Covid-19

Olga Kurylenko, die Oekraïense aktrise en model, wat van die koronavirussiekte (Covid-19) herstel het, het gesê mense moet besef dat dokters nie enige medikasie vir die siekte voorskryf nie.

Kurylenko het haar ervaring in ’n reeks twiets gedeel.

Sy het op 18 Maart vir die eerste keer op Twitter bekend gemaak dat sy in Londen is, maar dat sy nie meer koors het nie.

“So, hoe weet jy dat dit die koronavirussiekte en nie net griep is nie? Ek het my laat toets en die uitslag was positief.”

Kurylenko skryf op Instagram dat die dokters nie vir haar enige medikasie vir die siekte gegee het nie.

“Die dokters het vir my gesê ek kan parasetamol drink as my koors te hoog is, of as ek te veel pyn het.”

Volgens haar het sy ook vitamiene en aanvullings gedrink om haar immuniteit te versterk, hoewel dit nié ’n kuur vir die virussiekte is nie.

“Teen die einde van die tweede week het ek begin beter voel. Hoewel ek soggens nog steeds gehoes het, was my hoes amper weg. Ek is oukei!”

Terwyl sy die virus onder lede gehad het, het sy tyd saam met haar seuntjie deurgebring en foto’s van haar met ’n masker op saam met haar kind gedeel.

Kurylenko sê sy weet nie of haar seun die virus opgedoen het nie, maar sy het hom nie laat toets nie omdat hy nie enige simptome het nie.

Sy het egter nie toegelaat dat haar ma haar besoek terwyl sy siek was nie.

“Ek het volkome herstel. Ek het ’n week lank regtig sleg gevoel en was meestal in die bed. Ek het geslaap, ’n koors gehad en geweldige hoofpyne verduur. In die tweede week was my koors weg, maar ek het nog gehoes en moeg gevoel.”

Kurylenko sê sy was nie gehospitaliseer terwyl sy siek was nie omdat ander dit nodiger gehad het.

“Ek weet ook nie waar ek die virus opgedoen het nie. Die virus het my nie ingelig oor waar ek hom gekry het nie!”

Kurylenko het ’n rol in die Bond-fliek Quantum of Solace (2008) teenoor Daniel Craig vertolk, asook in Oblivion teenoor Tom Cruise en in Johnny English Strikes Again teenoor Rowan Atkinson gespeel. – Saamgestel deur Meghan Lawrence

View this post on Instagram

Hello everyone! I’m feeling better today. My fever is gone! I hear people can’t figure out where I currently am. I’m in London! How do I know it’s coronavirus and not just a flu? I did a test for coronavirus which came back positive. What are the medicines that doctors prescribed as treatment? NONE! I was told to take paracetamol in case my fever was too high and if I was in too much pain. However, I do take vitamins and supplements. Please note that these vitamins do NOT cure Coronavirus but only help the immune system be stronger in order to fight! here is what I’m taking: Pantothenic Acid- Vitamin B5, also called pantothenic acid and pantothenate, is vital to living a healthy life. Like all B complex vitamins, B5 helps the body convert food into energy. Vitamin E - is a fat-soluble, essential nutrient with anti-inflammatory properties. Vitamin E helps support the immune system, cell function, and skin health. It’s an antioxidant, making it effective at combating the effects of free radicals produced by the metabolism of food and toxins in the environment. Vitamin C - goes without saying I hope! Curcumin (or Turmeric) - anti- inflammatory, antioxidant. Zinc - helps immune system fight bacteria and viruses. I also take colloidal silver but please be careful taking it as some websites have warnings about it as not everyone can take it. Please check if you can take it or you might have health complications. I also take Cell Food but again please check websites online about it as certain people aren’t recommended to take it! Good luck everyone! ?????? ?? ???????: ??????, ??????? ??? ?????! ??????????? ??????. ? ???????? ? ???????! ??? ? ????, ??? ? ???? ???????????? ??? ??????? ???? ? ????????, ??????? ???????? ??????????. ????? ??? ????????? ???????? ????????! ??????? ?????? ???? ??????????? ??? ??????? ??????????? ? ?????, ??? ? ? ??????. ??? ????????? ?????????? ? ??? ????????? ????????: ??????? ?, ?, ?, B5, Curcumin (Turmeric), Zinc. ????????! ??? ???????? ?? ????? ???????????!!! ??? ?????? ????? ?????? ???????? ??????? ???????? ? ???????? ? ????????? ???? ??? ?????? ???????? ?????????????. ???? ??? ??? #coronavirus #???????????

A post shared by Olga Kurylenko (@olgakurylenkoofficial) on


Meer oor:  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.