Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Bond-vrou sterf op 77

Tania Mallet, wat destyds die rol van Tilly Masterson in die James Bond fliek Goldfinger vertolk het, is Sondag in die ouderdom van 77 oorlede.

Die amptelike Twitter-blad vir James Bond het die nuus bevestig en sê hulle dink aan haar familie en vriende in die hartseer tyd.

Mallet, 'n Britse model en dame Helen Mirren se niggie, het in 1964 in Goldfinger saam met Sean Connoery verskyn (88) nadat sy aanvanklik vir From Russia With Love oorweeg is, People.

UNSPECIFIED : Actress Tania Mallet as Tilly Mast
Tania Mallet het die rol van Tilly Masterson in Goldfinger vertolk. Foto: Getty Images

Een van die regisseurs het 'n foto van Mallet in 'n bikini gesien en wou haar in From Russia With Love gebruik, maar haar modelloopbaan het in die jare 50's en 60's posgevat.

Mallet het haar salaris wat sy by Goldfinger verdien het, destyds as "vrot" beskryf omdat sy bloot £50 aangebied is vir wanneer sy in 'n toneel verskyn. Sy het onderhandel en dit tot £150 per dag laat opgestoot gekry omdat sy dít vir haar modellering verdien het, berig Hollywood Reporter.

Haar niggie Mirren het haar destyds as "onbeskryflik mooi en gaaf" beskryf en het destyds in haar boek geskryf dat Mallet haar rykdom gebruik het om haar familie te ondersteun, berig Sky News.

Meer oor:  James Bond  |  Helen Mirren  |  Brittanje  |  Dood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.