Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Britte ondervra Kevin Spacey oor ‘seksuele aanrandings’

Die Amerikaanse akteur Kevin Spacey is deur speurders van Scotland Yard ondervra ná bewerings van seksuele aanranding teen hom in Brittanje, berig die Independent.

Spacey (59), gewese artistieke direkteur van Londen se Old Vic-teater, is in Mei in Amerika ondervra.

Die voorvalle het glo tussen 1996 en 2013 in Gloucester, Lambeth en Londen plaasgevind, en volgens people.com word ses voorvalle ondersoek.

Spacey staan ook in Amerika tereg op aanklagte van ’n seksuele aard. ’n 18-jarige werker in ’n restaurant op Nantucket-eiland beweer Spacey het hom op 7 Julie 2016 betas. Spacey het in die hof in Massachusetts skuld op die aanklag ontken.

Die akteur Anthony Rapp beweer ook Spacey het seksuele aandag van hom gesoek toe hy 14 jaar oud was. Spacey was toe 26. Spacey het in reaksie hierop gesê hy kan dit nie onthou nie, maar het om verskoning gevra vir sy “onvanpaste, dronk gedrag”.

Meer oor:  Kevin Spacey
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.