Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Brüssow-egpaar opgewonde oor skuif, 2de pienkvoet

Om hul tweede pienkvoet te verwelkom, terug op die verhoog te wees en hul lewe langs die kus in ’n splinternuwe huis te geniet.

Dít is maar net ’n paar van die wondersoete dinge waarna die sangeres Caroline-Grace en haar rugbysterman, Heinrich Brüssow, in die nuwe jaar uitsien.

Die voormalige ster van The Voice South Africa sê sy, haar man en hul seuntjie, Marcel, het ná sowat ’n jaar van huisbou uiteindelik net voor die feestyd hul laaste bokse in hul nuwe huis in George uitgepak en sien daarna uit om uiteindelik nuwe herinneringe in dié huis te maak.

Caroline-Grace, Heinrich Brüssow en hul seuntjie, Marcel (1). Foto: Verskaf

Die gesin verwag ook die koms van hul tweede kind teen begin Maart, ’n dogtertjie.

“Ons bly egter al van net voor die begin van die inperking in Maart in George. Ons het tussen Bloemfontein en George gereis en toe op die ou einde ’n plekkie gehuur totdat ons huis klaar gebou is.”

Dit was nie ’n vinnige of maklike besluit vir dié boorlinge van die Vrystaat om Bloemfontein te verlaat nie.

“Dit was iets waaraan my man al ’n rukkie dink. Ons het toe daaroor gesels en die besluit geneem. Ons ken die gebied omdat ons al jare lank hier vakansie hou. Ons is ook mal oor die lewenstyl, dis een wat ons sal wil leef.”

Caroline-Grace en haar seuntjie, Marcel (1). Foto: Verskaf

Oor die koms van hul dogtertjie sê Caroline-Grace is hulle baie opgewonde.

“Ek en Heinrich is baie opgewonde om haar te ontmoet. Dis ’n groot seën om ’n dogtertjie in ons gesin te verwelkom.”

Hul seuntjie, Marcel, wat in Desember een jaar oud geword het, verstaan nog nie heeltemal wat aangaan nie.

“Ek dink die eerste rukkie gaan nogal ’n uitdaging wees om te sien hoe hy gaan reageer op die nuwe lyfie wat skielik in sy spasie is, maar ons gaan dit aanpak soos dit kom.”

Caroline-Grace se grootste droom vir 2021 is om weer op die verhoog te klim nadat sy tydens die inperking net een aanlyn konsert kon aanbied.

“Soos in soveel ander bedrywe kelder die pandemie nou al amper ’n jaar kunstenaars se drome. Ons, sowel as die mense wat na ons luister, het dit so nodig om weer ’n bietjie deel te wees van ’n tasbare en lewendige ervaring,” sê sy.

“Hoewel dit daar is, is aanlyn konserte nie dieselfde as ’n lewendige vertoning nie.”

Sy voeg by dat as alles goed gaan sy graag teen Junie, of so gou as wat haar dogtertjie saam met haar kan reis of reg is om by iemand te bly, weer vertonings wil aanbied.

Meer oor:  Heinrich Brüssow
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.