Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Cambridge-3 ontmoet een van hul helde

Ouboet George het dalk die fossiel-haaitand gekry, maar prinses Charlotte (5) steel die kollig met haar reaksie om sir David Attenborough in lewende lywe te sien!

Die drie kinders van prins William en Catherine, hertogin van Cambridge, kon verlede week een van hul helde, die legendariese omgewingsaktivis sir David Attenborough (94), ontmoet.

Attenborough het vir prins George (6) ’n fossiel-haaitand as geskenk gegee en op een van die drie foto’s wat deur die paleis uitgereik is, sit die jong prins verwonderd na die tand en kyk.

Prins Louis (2), wat met sy rug na die kamera staan, spog in ’n oortrektrui wat eens aan George behoort het en die hele familie dra skakerings van blou.

Prins William en Attenborough het eers ’n spesiale, maar baie ongewone première van Attenborough se nuutste rolprent, David Attenborough: A Life On Our Planet, in die Cambridges se tuin bygewoon.

Met genoegsame spasie tussen hul twee regisseurstoele (die twee het as ’n grappie op mekaar se stoele gaan sit) het hulle op ’n groot skerm na die première gekyk. Daarna kon die Cambridge-kinders Attenborough ontmoet en hom peper met vrae oor dinosourusse.

Catherine het in die dokumentêr Prince William: A Planet For Us All gesê haar kinders was vreeslik ontsteld dat hulle nie soos sy en William vir Attenborough met die verfilming van die dokumentêr kon sien nie.

In A Life On Our Planet praat die legendariese omgewingstryder oor die oomblikke wat sy lewe help vorm het en die vernietigende verandering wat hy al in die omgewing gesien het. Dit word op 4 Oktober op Netflix uitgereik. - Saamgestel deur Arlene Prinsloo

Sir David Attenborough (links) het vir prins WIlliam ook ’n boek as geskenk gegee. Prinses Charlotte (regs) se verbasing was groot toe sy Attenborough in lewende lywe sien. Ma Catherine kyk laggend toe. Prins Louis staan met sy rug na die kamera. Foto: Kensingtonpaleis, versprei deur Getty Images
‘n Première in die tuin. Sir David Attenborough (links) sit in prins William se regisseurstoel met ’n kombers oor die skouers, terwyl prins WIlliam (weer in Attenborough se stoel) met ’n kombers om die bene sit. Foto: Kensingtonpaleis, versprei deur Getty Images
In dié pragtige informele foto lag prins William terwyl prins George met verwondering na die fossiel-haaitand staar wat hy as geskenk by sir David Attenborough gekry het. Prins Louis staan nuuskierig nader. Foto: Kensingtonpaleis, versprei deur Getty Images

Meer oor:  Cambridge  |  Prins William  |  David Attenborough
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.