Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Carey ‘beweeg aan’, verkoop verloofring

Mariah Carey het haar verloofring van $13,2 miljoen (sowat R164 miljoen) vir net $2,78 miljoen (sowat R34 miljoen) aan ’n juwelier in Los Angeles verkoop sowat twee jaar nadat haar verhouding skipbreuk gely het.

Mariah Carey

Carey was verloof aan die Au­straliese miljardêr James Parker, maar teen Oktober 2016, net ’n paar maande later, was dit verby.

“Mariah het die laaste tyd baie gepraat oor hoe sy vorentoe wil beweeg en deur positiwiteit omring wil word.

“Dit vereis dat sy alle emosionele en fisieke bagasie moet agterlaat, waaronder die verloofring,” het haar woordvoerder aan Page Six gesê.

Parker en Carey het in 2015 ’n verhouding begin nadat hulle deur ’n gemeenskaplike vriend aan mekaar voorgestel is.

Nadat die verhouding beëindig is, het Carey $50 miljoen (sowat R622 miljoen) van Parker as vergoeding gekry.

Parker het verlede jaar gesê sy verhouding met Carey was ’n fout en dit het begin ten tyde van ’n “laagtepunt” in sy persoonlike lewe.

Carey is nou in ’n verhouding met Bryan Tanaka, ’n danser. – Reuters, Page Six

Meer oor:  Mariah Carey  |  Verkoop
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.