Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Carol Burnett 1ste ontvanger van prys tot haar eer
Carol Burnett poses in the press room with the ina
Carol Burnett Foto: Jordan Strauss/Invision/AP

Die Carol Burnett-prys is vanjaar die eerste keer tydens die Golden Globe-pryse vir flieks en televisie toegeken. Dié prys fokus op prestasies in televisie. Die befaamde aktrise Carol Burnett (85) van die reeks The Carol Burnett Show, is die eerste ontvanger van die prys. Sy het in haar loopbaan vyf Golden Globe-pryse ontvang.

Met haar ontvangs van die eerste Carol Burnett-prys het sy tydens die toekenningsgeleentheid in die Beverly Hilton-hotel in Los Angeles gesê dat die prys haar uitboul.

“Beteken dit dat ek hierdie prys elke jaar ontvang?” het sy met die gehoor gespot.

Die akteur Steve Carell het voor Burnett se verskyning op die verhoog die aankondiging van die heel eerste ontvanger gedoen.

Hy het spottenderwys die “benoemdes” gelys: “Christian Bale, Charlize Theron, Antonio Banderas en Carol Burnett, wat haar vingers vasgeknyp het asof sy vir die beste hoop.

“En die wenner . . .” het Carell begin en homself onderbreek: “Ek dink regtig Carol Burnett moet hierdie prys wen. Ek sal jou vertel waarom ek so dink. Sy is ’n komedie-legende. Sy was die eerste vrou om die Mark Twain-prys vir humor te ontvang en deur die Kennedy-sentrum vereer te word. Sy was die eerste vrou om ’n variétévertoning op televisie aan te bied, wat 11 jaar op die lug was en 25 Emmy-televisiepryse ontvang het.”

Volgens Carell voldoen Burnett aan al die verwagtinge wat ’n mens oor haar het.

“Sy is snaaks, grasieus en gaaf. Sy is een van die mees gerespekteerde mense in die vermaaklikheidsbedryf.”

Burnett het die Hollywood Foreign Press Association bedank.

“My eerste liefde toe ek grootgeword het, was flieks. Ek het soms ses tot agt flieks ’n week gekyk saam met my ouma wat my grootgemaak het.”

Toe Burnett ’n tiener was, het hulle hul eerste televisiestel gekry en ’n nuwe liefde ontdek.

“Maar ongeag die medium, het dit my gefassineer hoe die sterre op die skerm mense kon laat lag of huil, en soms albei. En ek het gewens, en gehoop dat ek dalk, net dalk, eendag die kans sou kry om dieselfde te doen. Daardie kinderdrome het waar geword. Soms op die grootskerm, maar hoofsaaklik op televisie. Op ’n komedie-verskeidenheidsprogram wat dekades later steeds met mense praat, en dit maak my baie trots.

“Soms dagdroom ek – waar ek weer jonk is. En dat ek dit alles weer doen. En dan besef ek hoe ongelooflik bevoorreg ek was om daar op die regte tyd te wees. Wat ons toe gedoen het, kan ons nie vandag doen nie.

“Die rolverdeling, ’n 28-stuks-orkes, 65 kostuums per week, twee gassterre elke week.

“Nou is daar soveel netwerke en kanale, dis hartseer, jong gehore besef dalk nie wat hulle mis nie.

“So, hier is op heruitsendings en YouTube . . .”

Burnett het weer ernstig geraak: “Maar ons het die geleentheid gekry om iets spesiaals te doen. Vir elkeen wat op TV was. Ons is ’n geskenk gegee, ’n doek waarop ons ons talente kon skilder. Een wat mense kan laat lag of huil, of albei.

“Die prys wat in my naam ingestel is, dra ek op aan al daardie mense wat my drome laat waar word het en almal daar buite wat my liefde vir televisie deel en wat daarna streef om deel te wees van hierdie unieke medium wat so goed vir my was.

“Ek is bly dat ons program gebeur het toe dit het. Ek is so bly ons het hierdie tyd saam gehad.”

Meer oor:  Golden Globe-Pryse  |  Celebs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.