Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Carol Channing sterf

Die Amerikaanse aktrise en sanger Carol Channing, bekend om haar rolle op Broadway in produksies soos Hello Dolly! en Gentleman Prefer Blondes, is Dinsdag dood.

Carol Channing

Channing (97) is by haar huis in Rancho Mirage in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië aan natuurlike oorsake dood.

Sy het gehore bekoor met haar vlymskerp humor en groot glimlag en sy was die eerste bekende om by die Super Bowl-rustydvertoning op te tree.

Sy het veral haar merk gemaak in van die prominentste Broadway-rolle in die 1940’s, 1950’s en 1960’s.

Sy het ’n Tony-teaterprys as beste aktrise in ’n musiekspel ontvang vir haar rol as Dolly Levi in Hello Dolly!, die karakter wat Barbara Streisand later op die grootskerm sou vertolk.

B. Harlan Boll, haar agent, het haar in ’n verklaring beskryf as een van die oorspronklike pioniers van die bedryf, ’n legende en ’n ikoon.

Channing is die dogter van die koerantmagnaat George Channing en sy vrou, Adelaide.

Sy is op 31 Januarie 1921 in Seattle, Washington, gebore, maar het grotendeels in San Francisco grootgeword.

Haar pa het glo gesê dat sy dogter die wêreld “singend” binnegekom het.

Sy het in 2002 haar memoire Juct Lucky I Guess: A Memoir of Sorts uitgereik.

Sy het haar verhoogdebuut in Never Take No for an Answer in 1941 gemaak. Haar groot deurbraak sou egter kom met die rol van Lorelei in Gentleman Prefer Blondes. Haar vertolking van die lied “Diamonds Are a Girl’s Best Friend” het van haar ’n ster gemaak. Marilyn Monroe het dié karakter in die rolprentweergawe vertolk.

Op die silwerdoek het Channing in die rolprent Thoroughly Modern Millie teenoor Julie Andrews en Mary Tyler Moore verskyn. Sy is vir dié rol vir ’n Oscar as beste vroulike byspeler benoem.

Channing was vier keer getroud.

Sy word oorleef deur haar seun.

Meer oor:  Broadway  |  Celebs  |  Verhoog  |  Teater  |  Silwerdoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.