Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Caroline-Grace spog met haar klein ‘Valentyn’
Caroline-Grace en Marcel Werner Brüssow. Foto: Facebook

Kyk sy bos hare!

Caroline-Grace Brüssow, deelnemer aan die tweede seisoen van The Voice SA, spog met haar skattige kleinding op sosiale media.

Sy en haar man, Heinrich Brüssow, die voormalige Springbokrugbyspeler, het ’n paar dae voor Kersfees die geboorte van hul babaseun, Marcel Werner, op Instagram aangekondig.

Brüssow het Woensdag foto’s van Marcel op Facebook geplaas met die onderskrif “My Valentyn”.

Haar Facebook-vriende het haar gelukgewens met die geboorte van hul seun en hom as “die allerpragtigste seuntjie” beskryf.

’n Ander gebruiker sê hy is “dierbaar” terwyl ander hom as “pragtig” en “mooi” beskryf het.

Baie het verwys na sy “pragtige bos hare”.

Caroline-Grace het voor die geboorte op Instagram geskryf dat sy en haar man ’n “klein Springbok” verwag.

Sy het in 2017 as deel van Bobby van Jaarsveld se span wat onder die topvier van die werklikheidsreeks The Voice geëindig.

Die seun met die welige bos hare se pa het in Oktober 2019 ná verskeie beserings sy uittrede uit beroepsrugby aangekondig. Hy het tot voor dit vir die Northampton Saints gespeel.

Marcel Werner Brüssow spog met ‘n bos hare. Foto: Facebook

Meer oor:  Caroline-Grace Brüssow  |  The Voice  |  Baba
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.