Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Catherine help met tuin in Chelsea-skou
Catherine, hertogin van Cambridge, op die swaai. Foto: Twitter/Kensington-paleis

Kyk net hoe lekker swaai Catherine, hertogin van Cambridge, aan ’n swaai!

Catherine het vanjaar gehelp met die ontwerp van ’n tuin wat van Maandag af by die jaarlikse Chelsea-blommeskou in Londen te sien sal wees.

Die swaai is net een van die talle elemente wat in die “Keer terug na die natuur”-tuin te sien is. Die tuin is ontwerp om kinders te lok om tyd buite deur te bring ter wille van hul ontwikkeling, iets waaroor die hertogin passievol is.

Die doelstelling met die multisensoriese tuin is om interaksie tussen kinders en die natuur aan te moedig. Foto: Twitter/Instagram
Catherine saam met die landskapargitekte Davies White en Andrée Davies op die uitsigdek van die tuin wat hulle vir die Chelsea-blommeskou ontwerp het. Foto: Twitter/Kensington-paleis

Catherine het die tuin saam met die landskapargitekte Davies White en Andrée Davies ontwerp.

Die lieflike tuin, met eetbare plante en vergeet-my-nietjies – Diana, William se ma se gunstelingblom – is volgens royal.uk ook geïnspireer deur Catherine se herinneringe aan haar kinderdae en die tye wat haar en prins William se eie drie kinders in die natuur deurbring.

Die hertogin is reeds geruimte tyd besig met projekte om stadskinders deur middel van veldskole aan die natuur in die stad bloot te stel.

Die Chelsea-tuin het selfs ’n holte in ’n boomstomp waar ’n klein lyfie kan gaan lê, sowel as ’n kampvuurtjie.

Die houtplatform bied ’n wonderlike uitsig oor die res van die Chelsea-blommeskou.

Meer oor:  Chelsea-Skou  |  Hertogin Van Cambridge  |  Catherine  |  Help Met Tuin  |  Swaai  |  Koninklikes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.