Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Charlenè se Daniel kom nog, maar hy rits al klaar saam rond
Charlenè Brouwer verwag haar eersteling.

Sy moet haarself nog heeltyd daaraan herinner dat sy swanger is, sê die aktrise en aanbieder Charlenè Brouwer oor haar en die vervaardiger Niel van Deventer se eersteling wat in Desember sy opwagting maak.

Klein Daniel is nog nie gebore nie, maar hy was al saam met sy ma op Leeukop, op die joernaalprogram Expresso en deel van ’n televisierolprent wat volgende jaar op kykNET uitgereik word.

“Ek is verheug oor die afgelope paar maande,” sê Brouwer, ook bekend om haar rol in die fliek Dis ek, Anna.

“Ons kom nou pas van ’n skandering af. Ek het ’n baie maklike swangerskap waaroor ek baie dankbaar is. Ek het net vanoggend weer gaan draf en ek is nog steeds elke oggend om 05:00 in die gimnasium. En daar is niks naarheid nie."

Charlenè Brouwer en Niel van Deventer. Foto: Deon Raath

Brouwer gee toe dat sy ’n bietjie emosioneel is.

“Dit vat egter nie veel om my emosioneel te maak nie. Ek kom ook agter dat ek nie stres soos gewoonlik kan hanteer nie.”

Sy werk steeds. Sy en Van Deventer besit die produksiemaatskappy Palama Productions en is tans onder meer besig met ’n dokumentêr oor die kletsrymer Jack Parow. Hulle sou vanjaar ook ’n rolprent verfilm het, maar vanweë die swangerskap is dit tot volgende jaar uitgestel.

Brouwer gaan dit effens rustiger neem wanneer haar baba gebore is, maar sy sal nog steeds skryf en agter die skerms betrokke wees.

“Seuntjie is nou nommer een. Dit is nou ook ’n vreugdevolle tyd, ’n mens wil dit nie aanjaag nie. Ons het lank vir hom gewag.”

Charlenè Brouwer gedurende haar swangerskap.

Brouwer sit egter nie nou al stil nie. Sy vertrek binnekort na Engeland.

“In Suid-Afrika is daar ’n baie klein verskeidenheid kraamdrag. Ek gaan daar met ’n winkel praat oor die moontlikheid om ’n tak in Suid-Afrika oop te maak. Ons is almal moeg vir die oorgroot T-hemde. Gelukkig pas ek nog in al my klere, maar ek glo ’n vrou moet altyd goed voel. Ek is nou gemakliker in my lyf as voorheen.”

Van Deventer sê hulle verhuis oor ’n maand na Kaapstad.

“Die naam Daniel (op Engels uitgespreek) is so ’n bietjie van ’n familienaam, maar dis ook ’n naam waarmee hy hier en in die buiteland oor die weg sal kom. Sy tweede naam is Berg.

“Ek is baie opgewonde, ook oor hierdie onderhoud. ’n Mens kan dit eendag vir hom wys. Ek sien groot dinge vir die outjie."

Charlenè Brouwer en Niel van Deventer se eersteling maak in Desember sy opwagting. Foto: Deon Raath
Meer oor:  Niel Van Deventer  |  Swangerskap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.