Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Charlene spog met SA ontwerper se jas in Monaco

Prinses Charlene het Donderdag vir die eerste keer op die viering van Monaco se nasionale dag in Suid-Afrikaanse vere gepronk.

Prinses Charlene het Donderdag vir die eerste keer ’n Suid-Afrikaanse ontwerper se klere op die viering van dié vorstedom se nasionale dag gedra. Foto: Reuters

Die gebore Durbaniet Terrence Bray se lang jas in donker pers met ’n fuchsia-voering het die prinses soos ’n handskoen gepas. Vorige jare het sy die ontwerpers Akris of Armani se nommertjies na die viering van dié spesiale dag gedra.

Prins Albert en prinses Charlene verlaat die Monaco-katedraal nadat hulle ’n mis daar bygewoon het. Charlene se lang jas is deur die Durbaniet Terrence Bray ontwerp. Foto: Getty Images

Sy het al vantevore van Bray se ontwerpe na openbare verpligtinge in Monaco gedra.

Prinses Gabriella en prins Jacques het die feesvierings saam met hul ouers in die binnehof van die Pienk Paleis in Monaco bygewoon. Foto: Reuters

Bray het Donderdag ’n nabye foto van die jas op sy Instagram-rekening geplaas.

Prinses Gabriella se uitrusting het haar ma s’n perfek gekomplementeer. Sy en haar tweelingboetie vier volgende maand hul sesde verjaardag. Foto: Getty Images

Maar dit was so ampertjies of Bray se meesterstuk is oorskadu deur Charlene en prins Albert van Monaco se tweeling, prinses Gabriella en prins Jacques. Hoewel Charlene en Albert maskers gedra het, het die vyfjarige tweeling en hul niggies en nefies nie maskers gedra nie.

Prinses Caroline van Monaco, prins Albert se suster. Foto: Reuters

Jacques het in ’n miniweergawe van sy pa se uniform gepronk en ewe kordaat net soos sy pa gesalueer vir die spesiale wag se saluut in die binnehof van die Pienk Paleis. Sus Gabriella het terwyl haar boetie, die toekomstige heerser van dié vorstedom, soldaat gespeel het, vir toeskouers gewaai.

Prins Jacques het omtrent harte gesteel toe hy sy pa, prins Albert, nagedoen het en ook gesalueer het. Foto: Getty Images
Prinses Caroline se kinders, Andrea Casiraghi, sy vrou, Tatiana Casiraghi, prinses Alexandra van Hanover, Beatrice Borromeo, Pierre Casiraghi se vrou, en Pierre Casiraghi stap na die Monaco-katedraal waar ’n diens gehou is voor die viering van nasionale dag. Foto: AP
Prins Albert ontvang die saluut. Foto: Reuters
Die tweeling vier in Desember hul sesde verjaardag. Foto: Getty Images
Die verrigtinge het in die binnehof van die Pienk Paleis plaasgevind. Foto: Reuters

Meer oor:  Prinses Charlene  |  Monaco  |  Prinses  |  Koning  |  Koninklike
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.