Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Charlize: ‘Ek het nie met sekspes Harvey Weinstein in bed gespring nie’

Die Suid-Afrikaans gebore aktrise Charlize Theron het ontken dat sy ooit met die sekspes Harvey Weinstein seks gehad het.

Charlize Theron. Foto: Reuters

Theron het in ’n onderhoud aan die joernalis Kyle Buchanan van die New York Times gesê Weinstein was baie goed daarin om vroue teen mekaar uit te speel en te sê met watter aktrises hy glo seks gehad het.

“Een van die sêdinge wat hy gereeld gebruik het, is dat ek en Reneé Zellweger met hom seks gehad het sodat ons werk kan kry. Hy het geen grense gehad nie,” sê Theron.

Sy sê hy het dit gereeld gedoen in ’n poging om vroue te manipuleer sodat hulle saam met hom in die bed sal spring.

Luidens berigte sou Weinstein – eens een van die invloedrykste figure in Hollywood en ’n magtige rolprentvervaardiger – by ’n rits opkomende aktrises spog wie se loopbane hy al gemaak het as hulle inwillig vir seks. Hy het glo gespog Theron, Zellweger en Gwyneth Paltrow was op sy kerfstok.

Zellweger het die bewerings van seksuele gunsies in Desember 2017 ontken, sê die tydskrif People.

’n Ander bron het ook aan e-Online bevestig daar was nooit ’n seksuele verhouding tussen Theron en Weinstein nie.

Ses vroue het Weinstein in Desember 2017 van seksuele wangedrag beskuldig.




MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.