Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Charlize kry groot prys

Die aktrise Charlize Theron (44) gaan Sondag by die 32ste Hollywood-toekenningsaand ’n prys vir loopbaanprestasie kry.

Channel 24 berig Theron het goeie resensies gekry vir haar optrede in die fliek Bombshell deur die regisseur Jay Roach.

Sy vertolk die rol van die televisiepersoonlikheid Megyn Kelly in dié drama oor aantygings van seksuele teistering teen die voormalige Fox News-bestuurshoof, Roger Ailes.

Nicole Kidman en Margot Robbie verskyn ook in die fliek wat moontlik vir die Oscar as beste rolprent benoem sal word, berig PR Newswire.

Hollywood-pryse
Charlize Theron, Nicole Kidman en Margot Robbie in Bombshell.

Theron, ’n filantroop en ma van twee aangenome kinders, het die Charlize Theron Africa Outreach Project in 2007 op die been gebring.

Die organisasie belê in die jeug van Afrika met die doelwit om ’n verskil te maak ten opsigte van die stryd teen MIV/vigs in Suid-Afrika.

Theron is in Benoni aan die Oos-Rand gebore en het in Hollywood opslae gemaak met verskyning in flieks soos The Devil’s Advocate en Monster. Sy het vir laasgenoemde ’n Oscar as beste aktrise in 2004 losgeslaan.

Deadline berig die ander wenners is:

Hollywood-akteurprys: Antonio Banderas in Pain and Glory

Hollywood-aktriseprys: Renée Zellweger in Judy

Hollywood-prys vir manlike byspeler: Al Pacino in The Irishman

Hollywood-prys vir vroulike byspeler: Laura Dern in Marriage Story

Hollywood-lokettrefferprys: Avengers: Endgame

Hollywood-liedjiesprys: Pharrell Williams, “Letter to My Godfather” uit The Black Godfather

Hollywood-rolprentmakerprys: Bong Joen Ho vir Parasite

Hollywood-vervaardigersprys: Emma Tillinger Koskoff vir The Irishman

Hollywood-regisseursprys: James Mangold vir Ford v Ferrari

Hollywood-draaiboekskrywerprys: Anthony McCarten vir The Two Popes

Deurbraak met die skryf van ’n draaiboek: Shia LaBeouf met Honey Boy

Akteur met ’n deurbraak: Taron Egerton in Rocketman

Aktrise met ’n deurbraak: Cynthia Erivo in Harriet

Regisseur met ’n deurbraak: Olivia Wilde met Booksmart.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.