Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Charlotte Casiraghi kry haar troustyl van haar ouma, ma

Die appel val beslis nie ver van die boom wat Charlotte Casiraghi se styl én voorkoms betref nie. Charlotte en haar eggenoot, Dimitri Rassam, is Saterdag vir die tweede keer getroud, dié keer in ’n kerkseremonie in Saint-Rémy-de-Provence in die suide van Frankryk.

Die egpaar het reeds vroeg in Junie tydens ’n burgerlike seremonie in Monaco trou aan mekaar beloof.

Charlotte Casiraghi se trourok is deur Giambattista Valli ontwerp. Die haarkammetjie lyk soos die een wat prinses Charlene van Monaco ook op haar troudag gedra het. Dit behoort aan prinses Caroline. Foto: Félix Dol-Maillot/Instagram
Prinses Caroline is in Junie 1978 met die pierewaaier Philippe Junot getroud. Dié huwelik het nie lank gehou nie. Foto: Getty Images

Charlotte se wit trourok het baie herinner aan die rok waarmee haar ma, prinses Caroline, in 1978 vir die eerste keer voor die kansel gestaan het. (Dié huwelik met die pierewaaier Philippe Junot het nie lank gehou nie.)

Charlotte het vir albei haar troues - en die drie uitrustings wat sy kon dra - in haar en ouma se klerekas vir stylinspirasie gesoek.

Vir die burgerlike plegtigheid in Junie in die Pienk Paleis in Monte Carlo het die groot strikke aan Charlotte se minirok herinneringe opgeroep van die rok wat die Hollywood-ster Grace Kelly in 1958 vir die burgerlike plegtigheid na haar troue met prins Rainier van Monaco gedra het.

Die wit aandrok wat Charlotte na die aandonthaal in Junie gedra het, kon net sowel uit haar ouma se klerekas gekom het. Selfs haar hare was gekrul in ’n styl wat nie onvanpas vir Kelly sou lyk nie. Daarby het Charlotte boonop haar ouma se diamanthalssnoer gedra.

En Saterdag het sy weer herinneringe van ma Caroline opgeroep.

Saint-Rémy-de-Provence is ook die dorpie waarheen prinses Caroline met haar drie kinders aan die kollig ontsnap het ná die dood van haar tweede man, Stefano Casiraghi. Charlotte was vier toe hulle in dié dorpie kom woon het.

Sy en Dimitri het ’n ses maande oue seun, Balthazar. Elkeen het ook ’n kind uit ’n vorige verhouding.

Die pragtige Hollywoodster Grace Kelly het op 18 April 1956 in ’n burgerlike plegtigheid trou beloof aan prins Rainier van Monaco. Foto: Getty Images
Charlotte het ’n mini met strikke gedra vir die burgerlike seremonie. Foto: Félix Dol-Maillot/Monaco-paleis
Charlotte se wit tabberd en hare was ’n eerbetoning aan haar oorlede ouma, prinses Grace van Monaco. Sy het ook haar ouma se diamanthalssnoer gedra. Foto: Félix Dol-Maillot/Instagram
Grace Kelly in die rolprent To Catch a Thief. Met haar kleindogter se troue het dit gelyk of Charlotte stylidees vir haar eie aandrok en haarstyl geleen het. Foto: Getty Images
Meer oor:  Charlotte Casiraghi  |  Monaco  |  Koningklikes  |  Troue  |  Wêreld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.