Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Chris Chameleon vertel meer oor sy babadogter

Die sanger Chris Chameleon het Dinsdag in ’n video op sosiale media die oomblikke van sy dogter se geboorte gedeel.

Chris Chameleon en sy vrou, Danielle Deysel, se dogter, Lente, is op 27 November gebore. Foto: Instagram/Daniella Dysel

Chameleon en sy vrou, Daniella Deysel, wat op ’n plaas by Verkykerskop in die Oos-Vrystaat woon, se eersteling, Lente, is op 27 November gebore.

Hy het voorheen op Twitter geskryf: “Sy is nuuskierig, gesond en rustig. Sy het haar ma se mond en ongelukkig haar pa se tone.”

“Dit was ’n volkome natuurlike geboorte, sonder noodsaak tot enige ingrype, en ons loop oor van dankbaarheid aan ons Skepper vir Sy beskerming en seën.”

Chameleon sê in die video hulle het op ’n natuurlike geboorte besluit. Hulle het vir die afgelope maande nie gewerk nie en het hulle op die geboorte voorberei, sê hy.

Hulle het ’n swembad gekoop en hy het geleer hoe om ’n naelstring te knip.

Chameleon sê die kontraksies het verlede Maandag omstreeks 21:00 begin nadat hulle reeds vir 15 uur wakker was.

“Fantasties! Ons gaan ’n baba hê. In ’n paar uur, gaan ons ons baba vashou,” vertel hy van dié oomblik.

Hulle het toe nog nie haar geslag geweet nie omdat hulle vir nege maande nie by ’n hospitaal was nie. Hulle bly te ver van die hospitale, sê hy.

Toe Deysel teen die Woensdag om 03:00 ná 30 uur nog nie geboorte gegee het nie, het hy bekommerd geraak en haar na die hospitaal gebring. “Dit is sleg vir die baba ook.”

Teen dié tyd was hulle ook al baie moeg van die min slaap en het sy vrou baie pyn gehad, sê hy.

Chameleon sê hy het die Woensdag in mistige weer sowat anderhalf uur na die naaste dorp gery. Dit is sowat 60 km ver en dit neem hulle gewoonlik 45 minute.

Op die dorp het personeel vir hom by die nuwe mediese fasiliteit ingelig dat hulle slegs met ’n afspraak gehelp kan word.

Toe kom die kop uit. Ek kan nie eens . . . Dit is my werk om goed te verduidelik en om partykeer gebeure poëties te beskryf, maar ek kan dit nie doen nie.

Daarna is hulle na ’n staatshospitaal. “Ek het gesê ek het ’n vrou wat al vir 30 uur in kraam is, 31 uur tot dan. Sy lyk nie goed nie. Ek is bekommerd oor haar gesondheid en die veiligheid van die kind.”

Chameleon sê die personeel het hom toe na die kraamsaal verwys.

Hy sê hulle het tydens die geboorte volgehou dat hulle ’n natuurlike geboorte wil hê deur onder meer te weier dat Deysel inspuitings vir die pyn kry of dat die naelstring onmiddellik geknip word.

“Toe kom die kop uit. Ek kan nie eens . . . Dit is my werk om goed te verduidelik en om partykeer gebeure poëties te beskryf, maar ek kan dit nie doen nie.”

Hy sê toe die baba ná die tweede stoot heeltemal uitkom, was die mees “fantastiese ding” ooit. “En jy is so gelukkig.”

Chameleon sê hoewel die personeel aanvanklik nie baie vriendelik was nie, het hy net lof vir hoe professioneel hulle was.

“Hulle het geweet wat hulle doen. Ons het veilig in hul hande gevoel. Hulle het ons wense gerespekteer. Hoe ons die ding wou doen. Hulle het dit totaal verstaan. Hulle het dit partykeer nie aanbeveel nie en ons daarteen gewaarsku, maar hulle het dit aanvaar.”


Meer oor:  Chris Chameleon  |  Lente  |  Geboorte  |  Dogter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.