Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Chris hou saam wittebrood met Gwyneth

Die hoofsanger van Coldplay, Chris Martin, het saam met sy gewese vrou, Gwyneth Paltrow, en haar nuwe man op wittebrood in die Maldives gegaan.

Gwyneth Paltrow. Foto: Reuters

Paltrow, wat in September met die vervaardiger Brad Falchuk getroud is, Martin, hul twee kinders, Falchuk se kinders en ander familielede het in Desember saam in die Maldives gaan vakansie gehou, berig CNN.

Paltrow en Martin is in 2014 ná ’n huwelik van tien jaar uitmekaar.

Hulle het twee kinders, Apple (14) en Moses (12).

“Dit was ’n baie moderne wittebrood,” het Paltrow laggend op die Amerikaanse geselsprogram Live with Kelly And Ryan gesê.

“Ons het ook Kersfees ’n groot familiewittebrood gehad.”

Volgens die BBC wou Paltrow en Martin die pyn van hul egskeiding vir hul kinders verlig.

Entertainment Tonight berig daar was geen spanning tydens die wittebrood nie en almal het dit geniet.

Meer oor:  Gwyneth Paltrow  |  Chris Martin  |  Wittebrood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.