Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Chris Pratt beloof trou aan nuwe mev. Pratt

Chris Pratt, ster van The Guardians of the Galaxy, is skaars twee jaar geskei, maar het nou weer die knoop deurgehak.

Katherine Schwarzenegger en Chris Pratt is die naweek getroud. Foto: Instagram

Pratt en Arnold Schwarzenegger se dogter Katherine het die naweek ewige trou aan mekaar gesweer nadat hy in 2017 ná agt jaar van getroude lewe van die Hollywood-aktrise Anna Faris geskei is, berig CNN.

Die nuwe mev. Pratt het ’n foto van haar en haar manlief op haar Instagram-blad gedeel, waar sy geskryf het dat Saterdag die beste dag van hul lewe was.

“Ons het man en vrou geword voor God, ons families en geliefdes.”

Katherine skryf dat hulle baie geseënd is om met ’n nuwe hoofstuk in hul lewe te begin.

Sy het haar dank aan hul families uitgespreek en in dieselfde sin die modehuis Giorgio Armani vir haar trourok bedank.

Pratt het ’n seun uit sy huwelik met Faris.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.