Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Chrissy Teigen en John Legend verloor baba

Die model en TV-aanbieder Chrissy Teigen (34) het in ’n hartverskeurende inskrywing op Instagram die nuus met die wêreld gedeel dat sy haar ongebore baba verloor het.

Teigen, wat getroud is met die Grammy-bekroonde sanger, John Legend, was twee dae gelede nog baie positief oor die uitkoms van haar hospitalisasie weens ernstige bloeding. Sy is Sondag opgeneem.

“Ek en baba is heeltemal fine . . .” het sy haar 31 miljoen volgelinge laat weet.

Chrissy Teigen en John Legend Foto: Instagram/chrissyteigen

Jack, soos Teigen en Legend na hulle ongebore baba verwys het, sou die egpaar se derde kind gewees het.

Sy was halfpad deur haar swangerskap, nadat die egpaar in Augustus bekend gemaak het dat hulle nog ’n baba verwag.

Teigen, wat bekend is vir haar uitgesprokenheid en skerpsinnigheid op sosiale media, was in die verlede openhartig oor haar stryd om swanger te word en albei haar ander kinders, Luna (4) en Miles (2), is met die hulp van in vitro-fertilisasie verwek.

Teigen het ook met haar miljoene volgelinge gedeel hoe geskok sy was toe sy uit die bloute natuurlik swanger geraak het met Jack. Sy skryf in vorige plasings op Instagram die dokter het bedrus voorgeskryf weens probleme met haar plasenta. Die bloeding het egter vererger.

“Ons is geskok en in die soort diepe pyn waarvan mens nog altyd gehoor het, die soort pyn wat ons nog nooit voorheen ervaar het nie. Ons kon nooit daarin slaag om die bloeding te stop en ons baba die vloeistof wat hy nodig gehad te gee nie, ten spyte van sakke en sakke vol bloedoortappings. Dit was net nie genoeg nie,” skryf Teigen op Instagram by ’n emosiewekkende foto van haar op ’n hospitaalbed.

Sy skryf sy en Legend het nie hulle kinders se name gekies tot nadat hulle gebore is nie, maar met hierdie swangerskap het hulle hul ongebore baba spontaan Jack begin noem.

“So hy sal altyd Jack vir ons wees. Jack het so hard gewerk om deel van ons klein gesin te word en hy sal vir altyd wees.”

’n Ma rou. Chrissy Teigen deel die nuus dat sy haar ongebore baba aan die dood afgestaan het. Foto: Instagram/chrissyteigen

Meer oor:  Baba  |  Chrissy Teigen  |  John Legend  |  Swangerskap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.