Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Daar is erger dinge as my naakfoto, sê SA aktrise

Shashi Naidoo, bekende model, aktrise en televisiepersoonlikheid, het ’n naakfoto van haar op Instagram verdedig nadat sy daaroor gekritiseer is.

’n Instagram-gebruiker het gesê sy behoort nie dié tipe inhoud op die sosialemedia-netwerk te plaas nie. Die gebruiker het gesê Naidoo is “talentloos” en moet in ag neem dat ook kinders Instagram gebruik.

Shashi Naidoo het die klere op Instagram laat waai. Foto: Instagram
Naidoo laat gereeld die klere waai. Foto: Instagram

“Liefie, daar is baie erger dinge op die internet. En hoekom leer ons ons kinders dat hulle skaam vir die menslike liggaam moet wees?”

Op die foto lê Naidoo op haar maag kaal langs ’n swembad, bolyf gelig met ’n arm voor haar borste.

Sy skryf hierby naaktheid is nie seks of pornografie nie. “Dit is die menslike vorm, visueel vereenvoudig tot sy suiwerste staat. Ongesensureer en onbesmet.”

Haar Instagram-volgelinge het vinnig tot haar verdediging gekom en hul steun aan die foto en haar mening daaroor gegee. Een het gespot “90% van die Indiese tannies in Durban sal hul hand oor hul mond hou”.

Naidoo is nie skaam vir die kamera nie. Sy deel graag foto’s waarin sy skraps geklee is met haar Instagram-volgelinge.

Naidoo was verlede jaar in die nuus nadat sy die Gasastrook in ’n Instagram-plasing ’n hool genoem het wat daarop uit is om Israel te vernietig. Sy het erg onder skoot gekom hieroor, en het onder meer doodsdreigemente ontvang en borge verloor.

Sy het later die plasing verwyder en om verskoning gevra, en selfs beplan om na Gasa te reis sodat sy eerstehands meer oor die konflik tussen Israel en die Palestyne kon uitvind. Israel het haar toe egter toegang geweier.

Sy deel graag foto’s van haarself met haar Instagram-volgelinge. Foto: Instagram
Naidoo meen daar is erger dinge op die internet as naakfoto’s.Foto: Instagram
Sy het dié foto met haar Instagram-volgelinge op sosiale media gedeel. Foto: Instagram
Shashi NaidooFoto: Instagram

Meer oor:  Shashi Naidoo  |  Celebs  |  Sosiale Media
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.