Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Dalk is daar nog hoop vir Rox-Zee en Réan?

’n Aanhanger van Rox-Zee Veldhuizen en Réan Clasen van Boer soek ’n vrou-faam het sy hoop uitgespreek dat daar dalk tog nog hoop vir die twee is nadat Rox-Zee ’n foto op Instagram gedeel het waarop sy ’n ring dra.

Dit is egter nie duidelik of dié ring wel haar verloofring is nie.

By die foto skryf Rox-Zee sy hoef nie op die plaas te wees om haar veldskoene aan te trek nie.

Intussen het Rox-Zee haar privaatheidstellings op Instagram verander sodat die publiek nie meer die inskrywings kan sien nie.

Rox-Zee het Vrydag bevestig die twee is nie meer ’n paartjie nie. Hulle het verlede jaar op kykNET se werklikheidsreeks Boer soek ’n vrou ontmoet en op 6 April vanjaar verloof geraak.

Rox-Zee Veldhuizen
Rox-Zee Veldhuizen

Meer oor:  Rox-Zee Veldhuizen  |  Réan Clasen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.