SPESIALE AANBOD: Betaal slegs R25 vir die eerste maand. Spring gou!
Celebs
KYK: Demi-Leigh se knoets!

Demi-Leigh Nel-Peters, gewese Mej. SA en Mej. Heelal, se Amerikaanse kêrel het ’n knewel van ’n verloofring aan haar vinger gesteek.

Demi-Lee Nel-Peters
Demi-Leigh wys die knoets wat aan haar ringvinger pryk. Foto: Instagram

Nel-Peters het die nuus Donderdagaand op haar Instagram-rekening bekend gemaak en ’n foto gedeel van haar aanstaande man wat die groot vraag op sy knieë vra.

Tim Tebow (30), die man wat haar hart gesteel het, is net soos Demi-Leigh ’n uitgesproke Christen. Hy is ’n oud-Amerikaanse voetbalspeler wat tans professioneel bofbal speel en het onlangs ’n motiveringsboek uitgegee.

Hy het die ring van 7,25 karaat aan haar vinger gesit terwyl die Suid-Afrikaner, Matthew Mole, wat Tebow spesiaal vir die groot vraag laat invlieg het, gesing het.

Nel-Peters het in September verlede jaar Tebow op sosiale media geluk gewens met die boek, getiteld This Is the Day: Reclaim Your Dream. Ignite Your Passion. Live Your Purpose.

Huisgenoot het vroeër berig Tebow kon tydens ’n onderhoud met die sportskanaal ESPN nie uitgepraat raak oor die vrou in sy lewe nie. “Sy is regtig ’n spesiale meisie en ek is baie gelukkig en geseënd dat sy in my lewe gekom het,” het hy aan die ESPN-aanbieder Pedro Gomez gesê.

Tebow is in 2014 deur die tydskrif People as een van die sexyste mans op aarde bestempel.

Meer oor:  Tim Tebow  |  Demi-Leigh Nel Peters  |  Verlowing  |  Mej. Sa  |  Sportster  |  Mej. Heelal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.