Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Demi-Leigh en verloofde in Kaap vir troue

Demi-Leigh Nel-Peters, ’n voormalige Mej. Heelal, is in Kaapstad saam met haar verloofde, die Amerikaanse bofbalspeler Tim Tebow.

Die paartjie gaan na verwagting die naweek op ’n plek naby die Moederstad trou. ’n Foto van hulle waar hulle hand aan hand op die promenade in Seepunt stap, is Donderdag op haar Facebook-blad geplaas. Sy het daarby geskryf: “My gunsteling-mens en my gunsteling-stad.”

Tebow het Woensdag ’n foto van hom op ’n lughawe op sosiale media gedeel met die inskrywing “Waarheen is ek op pad?”

Hy het dieselfde dag op Facebook geskryf dat hy “sonder twyfel” uit die beplanning van die troue geleer het dat hy en Nel-Peters beter saam as apart is.

Na verneem word, sal die troue in Suid-Afrika moontlik met ’n troue in Amerika opgevolg word.

Volgens www.theknot.com, waar items vir die paartjie se trou-register verskyn, is die wittebrood-bestemming ’n geheim, maar daar kan wel bevestig word dat dit ’n sonnige, tropiese bestemming is waar ’n mens kan ontspan en avontuurlike en verkenningsuitstappies kan onderneem.

Tim Tebow en Demi-Leigh Nel-Peters in Seepunt. Foto: Facebook/Demi-Leigh Nel-Peters

Van die items in die trou-register is Schott Zwiesel-wynglase, ’n graniet-en-hout-kaasbord, swartgraniet-kaasmesse en onder meer ’n swartpot.

“Tim het in ’n relatief groot huishouding grootgeword en hoewel my gesin kleiner is, is die Suid-Afrikaanse kultuur warm en gasvry,” sê Nel-Peters op www.theknot.com. “Ons deur staan altyd oop vir vriende, hul vriende en familie.”

Volgens haar is een van haar gunsteling-geregte haar pa, Bennie Peters, se beesstert met groente. Tebow het dit verlede Kersfees vir die eerste keer geproe en was gaande daaroor. Nel-Peters sê sy gaan haar pa dit probeer nadoen.

Vir hul huis versoek die paartjie onder meer seegras-mandjies vir stoorplek, leer-rakke en ’n groot spieël. “Die huis waarin ons ná ons troue sal trek, het skoon, slank lyne,” sê sy op www.theknot.com.

“Ek wil karakter, ’n gevoel van warmte en gemak met my keuse van meubels byvoeg.”

Nel-Peters is vroeër na die Palace of the Lost City saam met familie en vriende, moontlik haar strooimeisies. Haar pa en ma, Anne-Mari Steenkamp, het nie vroeër gereageer op navrae oor ’n moontlike troue nie.

Volgens onbevestigde inligting vind die troue moontlik die naweek in Stellenbosch plaas en gaan die gaste in ’n Kaapstadse hotel tuis.




Meer oor:  Kaapstad  |  Troue  |  Dem-Leigh  |  Tim Tebow
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.