Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Demi-Leigh pronk met korter kapsel

Die pasgetroude Demi-Leigh Nel-Peters, voormalige Mej. Heelal (nou Tebow), het Sondag haar 25ste verjaardag met ’n korter kapsel gevier.

Sy is in Januarie in Franschhoek buite Kaapstad met die Amerikaanse voetbalspeler Tim Tebow getroud. Die paartjie woon nou in Florida, Amerika.

Demi-Leigh (wat nou haar getroude van op sosiale media gebruik) het Donderdag op haar Facebook-blad by ’n foto van haar heelwat korter haarstyl geskryf: “Voel heelwat ligter. Het veels te lank daarvan gedroom om my hare sny. Die lewe is te kosbaar om nie die dinge te doen wat jy wil hê nie.”

Sy het Sondag op haar verjaardag op Facebook geskryf: “25! Uiteindelik kan ek ’n motor in Amerika huur. Baie dankie vir al die verjaardag-liefde.”

Demi-Leigh is ’n oudleerling van die Hoërskool Outeniqua in George. Sy het vroeër bekend gemaak dat sy haar eerste rol in die internasionale rolprent Supergirl losgeslaan het. Tonele vir die rolprent is in Bolivië verfilm.

Meer oor:  Demi-Leigh Nel-Peters
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.