Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Demi-Leigh se pa-hulle ‘in die wolke’ oor verlowing

In die wolke.

Demi-Leigh Nel-Peters

Dit is hoe Bennie Peters, pa van Demi-Leigh Nel-Peters (23), gewese Mej. SA en Mej. Heelal, al die pad uit Jacksonville in Amerika laat weet het oor hoe hulle voel oor haar verlowing aan haar Amerikaanse kêrel, Tim Tebow (30).

Nel-Peters het die nuus Donderdagaand op haar Instagram-rekening bekend gemaak by ’n foto van Tebow wat die groot vraag op sy knieë vra.

Peters het Vrydag aan Netwerk24 by navraag op WhatsApp oor die verlowing gesê: “Uiteraard is ons in die wolke oor die pragtige twee kinders wie se verhouding na die volgende vlak geneem word.”

Volgens hom is hulle “werklik bevoorreg” om daarvan deel te kon wees.

“Demi het van niks geweet nie, maar Tim het met hul besoek aan Suid-Afrika oor Kersfees reëlings met ons getref om haar te verras. Ons is tans in Jacksonville, Florida, saam met Demi, Tim en sy familie. Hulle het op Tim se ouers se plaas verloof geraak en dit was ’n baie mooi, private geleentheid vir familie en nabye vriende.”

Volgens Peters is die troudatum weens hul onderskeie verpligtinge nog nie vasgestel nie.

Nel-Peters het in Desember verlede jaar onder meer op haar Facebook-blad foto’s van haar en Tebow op hul besoek aan Suid-Afrika geplaas.

Christo Vorster, hoof van die Hoërskool Outeniqua (Kwaggas) in George in die Suid-Kaap, waar Nel-Peters in 2013 die hoofmeisie was, sê by navraag die skool wens haar en haar verloofde alles wat mooi is vir die toekoms toe.

“Ons is baie beïndruk met hom, Tebow, en haar en wens hulle ’n baie geseënde verhouding toe. Hulle is regtig ware rolmodelle.”

Die paartjie is albei uitgesproke Christene.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.