Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Derick vier 2 jaar, maar Nádine is tjoepstil

Is hulle aan of is hulle af?

Suid-Afrikaners het sekerlik nooit regtig die antwoord op dié vraag gekry nie, maar volgens Derick Hougaard se Twitterprofiel is hy en sy Nádine steeds in ’n verhouding.

Hougaard, ook bekend as die ‘Liefling van Loftus’, het Maandag op Twitter die Afrikaanse sangeres bedank omdat sy steeds by hom staan en haar gelukgewens met hul herdenking.

“Vandag 2 jaar terug het ons die pad begin stap. Ek ken ’n paar manne van staal. Jy is ’n vrou van STAAL. Dankie dat jy vasbyt. En elke dag van vooraf my red. Lief vir jou. #anniversary Daar is min mense soos jy engel,” skryf Hougaard.

Nádine het egter nie ’n boodskap van haar eie om die herdenking te vier op Twitter of Instragram geplaas nie en nie op Hougaard se boodskap op Twitter geantwoord nie.

Nádine Foto: Brendan Croft

Hougaard en Nádine se verhouding het in Maart opslae gemaak nadat Hougaard na bewering saam met ’n ander vrou in ’n hotel in Pretoria betrap is.

’n Afrikaanse gesinstydskrif het berig dat Nádine vir Hougaard met ’n blondekop in ’n hotel betrap het, waarna daar glo ’n bakleiery in die hotelkamer ontstaan het.

Hougaard en die vrou het glo die vorige aand by meer as een kroeg in Pretoria gekuier, waarna hulle terug is na die hotel.

’n Ingeligte het destyds aan die tydskrif gesê dat Hougaard in sy onderbroek en hemp was, toe Nádine in die kamer kom, waarna daar glo ’n “hewige uitval” was.

Hougaard het gesê Nádine ken die waarheid oor wat daardie aand gebeur het en beweer daar het niks tussen hom en die vrou gebeur nie.

Nádine het einde Januarie ’n foto geplaas van hulle wat soen en hom bedank vir die 18 maande wat hulle saam deurgebring het.

Sy het geskryf dat Hougaard net goeie dinge in haar lewe bring en het gesê dat hul 18 maande saam, 18 maande van “mooi, vasklou, baklei teen onreg en oorleef” insluit.

Nádine het ook gesê dat sy Hougaard beter as suurstof ken.

Sy het nog nie sedert die voorval in die hotelkamer weer ’n foto van haar Hougaard op haar Instagram geplaas nie.

Meer oor:  Nádine  |  Herdenking  |  Derick Hougaard
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.