Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Diana: 22 j. later en nog nie vergete

Soos elke jaar sedert 1997 is Diana, ontslape prinses van Wallis, Saterdag in herinnering geroep. Dit was die 22ste herdenking van haar dood.

Bewonderaars het reeds Vrydag voor Kensingtonpaleis, waar Diana tot en met haar dood op 31 Augustus 1997 gewoon het, begin om blomme en plakkate voor die paleishekke te plaas.

Op sosiale media het haar destydse kok, Darren McGrady, geskryf oor die laaste maaltyd wat hy vir haar voorberei het en waarvoor sy nooit opgedaag het nie.

Ook Dickie Arbiter, perssekretaris van die koningin ten tyde van Diana se dood, het hulde aan Diana gebring.

Die sosialemediaprofiel DianaDaybyDiana het soos die afgelope jaar Diana se daaglikse bedrywighede in die laaste maand van haar dood beskryf.


Diana se seuns, prins Willliam en prins Harry, het soos gebruiklik dié dag privaat deurgebring. Ook op hul onderskeie sosialemediarekeninge is daar geen melding van hul ma se dood gemaak nie.

Prins William het verlede jaar uit sy woning in die paleis gestap om met van die bewonderaars te gesels.

Diana se dood ná ’n motorongeluk op ’n Sondagoggend in die vroeë oggendure in die Franse hoofstad, Parys, het destyds die wêreld geskok.

In die dae ná haar dood is die hekke voor die paleis byna toegepak deur ’n groeiende blommesee waar roubeklaers in stilte saamgekom het.

Saterdag was bewonderaars van Diana saam met besoekers voor die hekke, wat onder aanhangers van Diana as Diana Gates bekend staan.

Kensingtonpaleis was Diana se tuiste in die jare dat sy met prins Charles getroud was en selfs ná hul egskeiding. Bewonderaars kom jaarliks by die hekke van Kensingtonpaleis byeen om haar nagedagtenis te eer.Foto: Getty Images
’n Rooi ballon ter herinnering van Diana, die Prinses van Harte soos sy wou bekend staan. Foto: Getty Images
Ballonne, kaartjies en plakkate ter herdenking aan Diana, ontslape prinses van Wallis, is in die hekke voor Buckinghampaleis vasgemaak.Foto: Getty Images
’n Bewonderaar bring St. Josefslelies, van Diana se gunsteling-blomme, om voor die paleishekke neer te sit.Foto: Getty Images
Van die plakkate en blomme wat bewonderaars voor Kensingtonpaleis se hekke aangebring het. Foto: Getty Images
’n Vrou stoot Saterdag haar fiets verby Kensingtonpaleis se hekke. Foto: Getty Images

Uit die argief:


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.