Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Diana-beeld 'later' onthul weens seuns se veranderings
Diana, prinses van Wallis. Foto: Getty Images

Veranderings aan die standbeeld van Diana, ontslape prinses van Wallis, is deur haar twee seuns aangevra, berig die Mail on Sunday.

Prins William en prins Harry wil seker maak dat die beeld hul ma se lewe en nalatenskap vasvang.

Planne vir die beeld is in Januarie 2017 deur Kensingtonpaleis bekend gemaak. Daar is toe gemeld die beeld sal vanjaar in Kensingtonpaleis opgerig word, maar die onthullingsdatum is nie bekend gemaak nie. Die Mail on Sunday berig die veranderings sal die onthulling van die beeld vertraag.

Diana is op 31 Augustus 1997 dood nadat sy in ’n ernstige motorongeluk in die Franse hoofstad, Parys, betrokke was.

In 2017 is berig dat William gesê het hy wil die standbeeld van sy woning in Kensingtonpaleis kan sien.

Diana het tot en met haar dood in die paleiskompleks gewoon.

Die beeldhouer, Ian Rank-Broadley, is deur die prinse gekies om die beeld te skep. Onder Rank-Broadley se werk is die profiel van koningin Elizabeth, wat op Britse muntstukke aangebring is.

Die standbeeld is privaat gefinansier.

Dit sal die eerste standbeeld van Diana wees wat deur haar seuns goedgekeur is.

’n Gedenkpoel ter ere van Diana is in 2004 in Hydepark, Londen, geopen.

Meer oor:  Prins William  |  Diana  |  Prins Harry  |  Britse Koninklikes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.