Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Dis ‘Liefling’ Hougaard teen ‘Bellville-breker’ Van Coke
Francois van Coke vra sy volgelinge of hulle dink hy sal die boksgeveg wen. Die meeste glo wel so. Foto: Instagram/Francois van Coke

Wie sal wen as die oud-Springbok Derick Hougaard en die Afrikaanse rocker Francois van Coke teen mekaar in die bokskryt klim?

Dit lyk asof mense maar kan begin weddenskappe plaas, want so ’n boksgeveg is op die kaarte.

Van Coke het Vrydag aan Netwerk24 bevestig dit lyk asof dié boksgeveg inderdaad gaan plaasvind, maar dit sal darem “vriendskaplik” wees.

Die beplande kragmeting het ’n aanloop gehad op Twitter, waar die twee die draak begin steek het met mekaar se talente.

Van Coke het Woensdag ’n video getwiet waar hy die bekende “Liefling” sing. Dis in sy speeldae altyd vir Hougaard op Loftus Versveld in Pretoria gespeel.

Hougaard (38) antwoord met: “Sal my alles gee om te kan sing. Of iemand moet ’n amazing auto tune gooi. Maar dink nie mense sal my stem oorleef (nie).”

Waarop Van Coke (40) antwoord: “Autotune fix die meeste probleme, maar nie alles nie.”

Toe insinueer Hougaard dat Van Coke (40), wat op sy dag skrumskakel gespeel het, nie ’n goeie rugbyspeler is nie.

By ’n video van die legendariese plettervat van Brian Lima van Samoa op Hougaard in ’n wedstryd in die 2003-wêreldbekertoernooi, twiet Hougaard: “Dis hoe ’n losskakel sou 'aftjop' as Van Coke sy skrumskakel was.”

Van Coke het nie op hom laat wag nie: “Dis hoe jy aftjop as die beste skrumskakel in die geskiedenis (Joost van der Westhuizen) vir jou pass! Hoe lyk dinge by die Bulle dié jaar?”

Toe ruik Hougaard bloed: “Beter as wat dit sou lyk as ek en jy moet boks.”

Van Coke het die aas gevat: “Moenie joke nie my bru! Ek het al geboks en soek ’n goeie rede om weer into dit te kom.”

Hougaard: “Ek soek self ’n goeie rede om weer fiks te word my bra.”

Van Coke: “Let’s go! Kom ons organise ’n fight. Vir die fun. Sal lekker wees om mekaar bietjie te d*nn*r.”

Hougaard: “Is jy seker? As ek so na #40jaarvancoke show kyk, was jy al in baie fights en (het) nie een gewen nie. Maar ek was nog net by kamp staaldraad in ’n fight.”

Van Coke het aan Netwerk24 gesê hy het al geboks “en dinge raak nogal baie ernstig as ’n mens eers begin”.

Hy het in 2018 deelgeneem aan ’n boksgeveg ten bate van ’n liefdadigheidsorganisasie teen boeliegedrag.

Hy het ’n jaar lank hiervoor voorberei, maar uiteindelik teen die akteur en komediant Rob van Vuuren verloor.

“Dit is nou ’n lekker verskoning om weer te begin oefen en daardie vaardighede te gebruik,” sê dié pa van twee.

Daar is nog nie ’n tyd of plek vir die kragmeting nie, maar “dit lyk sover asof reëlings getref word”.

Hougaard kon nie betyds telefonies vir kommentaar bereik word nie, maar hy het op sy Facebook-blad gevra: “Wat dink julle?”


Meer oor:  Francois Van Coke  |  Boks  |  Derick Hougaard
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.