Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Dís wat Meghan vir haar verjaardag van haar pa wou hê

Die één verjaardagpresent wat Meghan Markle, die hertogin van Sussex wat Saterdag verjaar het, graag van haar pa sou wou hê, is om op te hou om dinge oor haar in die media kwyt te raak.

Sy weier egter dat haar pa se emosionele afpersing haar manipuleer, het sy aan ’n goeie vriend gesê.

“Dis nou genoeg,” het sy glo gesê en bygevoeg dat sy nie kan verstaan waarom haar pa sulke groot gate vir homself grawe nie.

Meghan, die hertogin van Sussex. Foto: WireImage

Dit kom nadat Thomas Markle gesê het dat sy beter af sou wees as hy dood was en dat almal vir haar simpatie sou hê.

Hy het ook aan die Britse Sondagkoerant Daily Mail gesê dat sy hom “harteloos” uit haar lewe gesny het.

Hy vrees glo dat hy nooit eendag Meghan en prins Harry se kinders te sien sal kry nie, berig Mail Online.

Volgens die vriend wens Meghan dat Thomas sal ophou met hierdie uitlatings in die media. “Dis die één verjaardaggeskenk wat sy van haar pa wou hê.”

Die bron ná aan Meghan sê sy het geen onmiddellike planne om met haar pa kontak te maak nie.

“Eerstens is sy baie seergemaak, en tweedens kan sy hom nie vertrou om hul gesprek privaat te hou nie.

“Meghan is getrou aan haarself en pas haarself op, al beteken dit dat sy giftige verhoudinge moet vermy. Dis nie asof sy nooit weer met haar pa gaan praat nie, maar beslis nie nou nie.”


Meer oor:  Meghan Markle  |  Verjaarsdag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.