Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
‘Dit gaan baie goed’ met André Schwartz in hospitaal
andré
André Schwartz Foto: Facebook

Geeneen van die gewilde Afrikaanse sanger André Schwartz se konserte word geraak deur sy hospitaalopname Vrydagaand weens septiese skok nie.

Corné Oosthuizen van CO Productions sê ook sy skielike siekte hou nie regsteeks verband met die motorneuronsiekte (MNS) waarmee Schwartz in April 2018 gediagnoseer is nie.

“Die septiese skok is moontlik veroorsaak deur die port wat ingeplant is waardeur hy sy drip vir die (MNS)-behandeling kry. Hy was nie vooraf siek nie. Dit is dus nie MNS-verwant nie.”

Oosthuizen het Saterdagaand gesê dit gaan “ongelooflik goed” met die MNS-behandeling wat Schwartz ontvang. Hy het geen agteruitgang getoon sedert hy met die behandeling begin het nie.

Schwartz word nog in die waaksaal van ’n onbekende hospitaal versorg, maar Oosthuizen sê dit gaan “baie goed met hom”.

“Personeel het sy koors afgebring en hom by sy bewussyn gehou.”

Schwartz het Saterdag ’n foto van hom in ’n hospitaalbed op sy Facebookblad geplaas, met dié inskrywing: “Interessante manier om Valentysdag te eindig! In die ICU ná septiese skok. Dit gaan nou baie beter.”

Hy is binnekort terug op die verhoog met sy produksie Die Pad, wat die gehoor op reis neem deur sy lewe van kindsbeen tot nou, sê Oosthuizen.

Schwartz was sedert sy diagnose met MNS openlik daaroor en oor sy besluit om desondanks voluit te leef. Hy het in Januarie in ’n onderhoud met Huisgenoot gesê behalwe vir moegheid, het hy nog nie ingrypende simptome nie. Hy het wel die gebruik van die linkerkant van sy tong verloor, maar dis nie opvallend in sy spraak of sang nie.

andré
Die foto van waar hy in hospitaal lê, wat André Schwartz Saterdag op sy Facebookblad geplaas het. Foto: Facebook

Meer oor:  André Schwartz
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.