Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Dit gons oor prinses Charlene se nuwe haarstyl
Prinses Charlene en haar seun, prins Jacques, deel Woensdag geskenke uit by die Monaco-paleis. Foto: Facebook/Monaco-paleis

Prinses Charlene van Monaco het die tonge los met haar nuwe moderne kapsel.

Charlene het Woensdag met haar nuwe haarstyl, waarvan die een kant kort geskeer is, twee gesellighede van die Monaco-paleis bygewoon. Die eerste was die jaarlikse openbare viering van Kersfees, waar sy en haar tweeling, Gabriella en Jacques, geskenke uitgedeel het, en met die tweede geleentheid is ’n patrollieboot van die Monaco-vloot na die egpaar se dogter genoem.

Soos dit met mense gaan wat gereeld in die kollig is, word daar nou allerlei redes gesoek waarom Charlene besluit het op haar nuwe haarstyl.

Prinses Charlene met haar nuwe haarstyl saam met prinses Gabriella. Foto: Facebook/Monaco-paleis

Daily Mail voer aan dat “kundiges” sê dié nuwe kapsel lyk asof sy nou op 42-jarige ouderdom rebelleer en letterlik die beperkinge wat deur die paleis op haar geplaas word, afgesny het.

Vanity Fair berig Charlene se nuwe haarstyl wys duidelik dat sy nie bang is om teen tradisie vas te skop nie en beskryf haar haarstyl as punk rock.

Op die Facebookblad van die Monaco-paleis verskyn die egpaar en hul tweeling saam op die jongste foto’s.

Daar word genoem dat die Monaco-paleis vanjaar tradisie verbreek het toe geskenke in die buitelug uitgedeel is plaas van op ’n partytjie binnenshuis. Geskenke is aan byna 700 kinders uitgedeel te midde van streng Covid-19-protokol wat gevolg is.



Meer oor:  Prinses Charlene  |  Monaco  |  Haarstyl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.