Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Dokters moet nog Schwartz se kiem identifiseer

Dit gaan goed met die gewilde Afrikaanse sanger André Schwartz waar hy in die waaksaal van ’n Gautengse hospitaal vir septiese skok behandel word.

Corné Oosthuizen van CO Productions het Sondagmiddag gesê dis nog nie seker wanneer Schwartz ontslaan sal word nie, omdat dokters wag vir die uitslae van die gekweekte kultuur (van sy infeksie) sodat die kiem wat hy opgedoen het, geïdentifiseer kan word.

“Die chirurg sal dan besluit of die poort (waardeur hy medikasie vir motorneuronsiekte ontvang), vervang moet word.”

Die foto en inskrywing wat André Schwartz Saterdag op sy Facebook-blad geplaas het. Foto: Facebook

Schwartz is in April 2018 met motorneuronsiekte (MNS) gediagnoseer. Volgens Oosthuizen hou sy opname in die hospitaal nie regstreeks met die siekte verband nie. Schwartz het vermoedelik wel ’n infeksie opgedoen deur die poort. Oosthuizen het Schwartz se aanhangers verseker dat geeneen van sy optredes deur sy opname in die hospitaal geraak sal word nie. Hy sê dit gaan “ongelooflik goed” met Schwartz se MNS-behandeling, en dat hy geen agteruitgang toon sedert hy met die behandeling begin het nie.

Schwartz se toestand het ook verbeter sedert hy Vrydagaand in die hospitaal se waakeenheid opgeneem is. “Personeel het sy koors afgebring en hom by sy bewussyn gehou,” sê Oosthuizen.

Schwartz het Saterdag ’n foto van homself in sy hospitaalbed op sy Facebook-blad geplaas, met die volgende inskrywing: “Interessante manier om Valentynsdag te eindig! In die ICU ná septiese skok. Dit gaan nou baie beter.”

Hy is binnekort terug op die verhoog met sy produksie Die pad, wat die gehoor op reis neem deur sy lewe van kindsbeen tot nou, sê Oosthuizen.

Schwartz was sedert sy diagnose met MNS openlik daaroor en sy besluit om desondanks voluit te leef. Hy het in Januarie in ’n onderhoud met Huisgenoot gesê behalwe vir moegheid, het hy nog nie ingrypende simptome nie. Hy het wel die gebruik van die linkerkant van sy tong verloor, maar dis nie opvallend in sy spraak of sang nie. Schwartz het steeds ’n vol program.

Meer oor:  André Schwartz  |  Hospitaal  |  Motorneuronsiekte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.