Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
‘Ek is trots op my babamagie,’ sê Candice

Die voormalige Victoria’s Secret model Candice Swanepoel het Woensdag gesê sy is trots dat sy haar baba nege maande gedra het en nie skaam oor haar babamagie nie.

Sy het op Instagram teruggekap na kritici wat haar magie uitwys in foto’s van haar met swemklere op die strand.

Sy het gesê skoonheidstandaarde is deesdae onmoontlik om te handhaaf.

“Hierdie is ek 12 dae nadat ek geboorte aan my seun geskenk het. As jy iets het om te sê, dink mooi. Die samelewing kan so wreed wees en skoonheidstandaarde is onmoontlik om te handhaaf.

“Ek is nie skaam om my lyf te wys ná die geboorte nie,” het sy gesê.

Candice SwanepoelFoto: Getty Images
Candice Swanepoel se plasing op Instagram. Foto: Getty Images
Candice Swanepoel se plasing op Instagram. Foto: Getty Images

Sy het verder gesê sy is eintlik trots dat sy haar seun vir nege maande gedra het.

“Ek dink ek het die reg om ’n babamagie te hê, is dit omdat ek ’n model is dat ek nie mag nie? Ons is almal ook gewone mense. Laat my toe om die strand in vrede te geniet,” het sy in die eerste Instagram-storie geskryf.

Sy het in ’n tweede foto, waar sy hoogswanger op die strand te sien is, gesê sy hoef nie haar maag weg te steek nie.

“Ek hoef nie my maag weg te steek net omdat party mense onrealistiese standaarde van ’n vrou het nie. Ons skep lewe, wat kan jy doen? Vroue, ons is almal saam hierin, wees lief vir mekaar,” het sy gesê.

Luidens die modetydskrif Elle is Candice se seun Ariel op 19 Junie gebore.

Dit is Swanepoel en Hermann Nicoli, haar lewensmaat, se tweede kind. Hul seun Anaca is in 2016 gebore, berig The Daily Mail.

Swanepoel en Nicoli, wat ook ’n model is, is in 2015 verloof.

Meer oor:  Candice Swanepoel  |  Baba  |  Instagram
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.