Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
‘Ek sal kanker weer oorwin’, sê Olivia Newton-John

Die sangeres en aktrise Olivia Newton-John veg vir die derde keer teen kanker.

Olivia Newton-John in Augustus by ’n spesiale vertoning van Grease in Beverly Hills, Kalifornië. Foto: Getty Images

Newton-John (69) het Sondag op die Australiese program Channel Seven bekend gemaak kanker is vir die derde keer by haar gediagnoseer, berig The Independent.

Sy is in 1992 met kanker gediagnoseer en weer in 2013. Sy het nie in 2013 die nuus oor die kanker in die openbaar bekend gemaak nie.

Sy het wel in Mei 2017 bekend gemaak dat haar borskanker teruggekeer het, maar het Sondag gesê dié borskanker het nou na haar ruggraat versprei. Sy het toe ’n toer gekanselleer om behandeling te kry.

Newton-John, bekend om haar rol as Sandy in die trefferrolprent Grease, sê die kanker word met “moderne” medisyne behandel, asook natuurlike middels. Sy het suiker uit haar dieet gesny en gebruik dagga om haar met die fisieke pyn te help, berig CNN.

Haar man, John Easterling, kweek dagga op hul plaas in Kalifornië waar dit nou gewettig is. Hy is ook die stigter van die Amazon Herb Company.

“My man is ’n plantmedisyneman en hy kweek dagga en maak ’n mengsel vir my pyn en inflammasie,” het Newton-John aan The Mirror gesê.

Sy het die medisinale waarde van dagga geprys en gesê dit help haar baie met pynbeheer omdat sy nie daarvan hou om voorskrifmedisyne te neem nie.

Sy is egter vasbeslote om weer die kanker te klop, word berig.

Newton-John het in Augustus ’n spesiale vertoning van Grease by die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Beverly Hills in Kalifornië bygewoon 40 jaar nadat die fliek uitgereik is.

Newton-John vier op 26 September haar 70ste verjaarsdag.

Meer oor:  Olivia Newton-John  |  Kanker
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.