Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
‘Ek sukkel ook met selfbeeld’, sê Mej. SA-finalis
Jordan van der Vyver. Foto: Yolanda van der Stoep

Al is sy ’n internasionale model en ’n Mej. SA-finalis sukkel sy ook met selfvertroue, sy vergelyk haarself met ander en sy voel alleen.

So sê Jordan van der Vyver (25), die Wes-Kaap se enigste finalis in die kompetisie, wat Saterdag op die loopplank in Kaapstad sal pronk om te kompeteer om die Mej. SA kroon.

“Almal se oë is op ons as finaliste en wat ons sê op sosiale media,” sê sy in ’n Instagram-video.

“Dit is wonderlik dat mense jou reis volg, maar dit bring ook baie druk. Dit plaas die kollig op al ons foute en al ons gebreke. Ek voel alleen, want ek is die enigste een in my lewe wat hierdeur gaan.”

Sy sê sy het baie goeie raad gekry ná ’n praatjie van Rolene Strauss, ’n voormalige Mej. Wêreld, wat leiding gebied het oor selfvertroue.

“Ek moes ook leer om tevrede te wees met wie ek is en om my eie wedloop te voltooi. Ek moes oogklappe aansit en net lief wees vir myself en die mens wat ek is.

“Dit is ook belangrik vir my om aanmoediging en ondersteuning te aanvaar wat my vriende en familie my bied. Hulle is bly vir my en ek glo dit nou en ek glo in myself.”

Van der Vyver, van Groenpunt in Kaapstad, is ’n internasionale model wat gewoonlik die helfte van die jaar oorsee deurbring vir modelwerk.

Voorheen het sy al gesê dat sy die jong vroue van Suid-Afrika wil inspireer om hul drome na te jaag.

Die toptien saam met Zozibini Tunzi, Mej. Heelal. Van links na regs is Chantelle Pretorius, Karishma Ramdev, Natasha Joubert, Aphelele Mbiyo, Lebogang Mahlangu, Tunzi, Jordan van der Vyver, Melissa Nayimuli, Busisiwe Mmotla, Thato Mosehle en Shudufhadzo Musida.Foto: Verskaf

“Ek wil hulle bewus maak van hul waarde sodat hulle in hulself kan glo. Ek wil jong meisies wys dat dit nie die kroon is wat jou Mej. SA maak nie, maar eerder wat in jou hart is en waarvoor jy staan.”

Van der Vyver en die nege ander finaliste het vandeesweek vir Zozibini Tunzi, Mej. Heelal, in die Waterfront ontmoet. Tunzi sal ook ’n beoordelaar wees in vanjaar se kompetisie.

Tunzi is Donderdag deur die Sun International-hotelgroep se Table Bay-hotel in Kaapstad vereer deurdat haar naam op die voetstuk van die hotel se standbeeld van Oscar die Seeleeu aangebring is. Haar naam is net onder dié van die sanger Robbie Williams en skuins bokant dié van die Suid-Afrikaans gebore aktrise Charlize Theron.

Bekende staatshoofde en kunstenaars het al in dié hotel oornag.

Die Mej. SA-kompetisie vind Saterdagaand om 17:00 plaas en sal op M-Net (kanaal 101 op DStv) en Mzansi Magic (kanaal 161) uitgesaai word. Dit sal ook regstreeks op Netwerk24 gedek word.

Die ander finaliste is Shudufhadzo Musida (24, Limpopo), Aphelele Mbiyo (24, Oos-Kaap), Lebogang Mahlangu (24), Busisiwe Mmotla (27), Chantelle Pretorius (24), Natasha Joubert (23, almal Gauteng), Thato Mosehle (23, Noordwes), Melissa Nayimuli (24, Oos-Kaap) en Karishma Ramdev (25, KwaZulu-Natal).

Jordan van der Vyver by die V&A Waterfront in Kaapstad. Foto: Yolanda van der Stoep
Jordan van der Vyver Foto: Yolanda van der Stoep
Zozibini Tunzi, Mej. Heelal, by die plaatjie met haar naam op ’n beeld voor die Table Bay-hotel in Kaapstad.Foto: Jaco Marais
Jordan van der Vyver toe sy as top-10-finalis aangewys is. Foto: Yolanda van der Stoep

Meer oor:  Selfbeeld  |  Mej Sa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.