Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Celebs
Elize Cawood R10 000 ryker vir kankerstryd

“Julle!!!! Dit is net ongelooflik! Is julle seker?”

So het die aktrise Elize Cawood gesê toe R10 000 vir haar inbetaal is nadat ’n fonds gestig is om haar in haar kankerstryd by te staan.

Mense het hul harte en beursies oopgemaak en vir haar geld inbetaal.

Elize Cawood en Wilson Dunster.

Die fonds duur voort.

Die Suid-Afrikaanse Legendesmuseum in Pretoria het die fonds gestig nadat die konsert wat Afrikaans is Groot (AIG) vir haar sou hou, weens die Covid-19-pandemie onbepaald uitgestel is.

Dié konsert sal wel aangebied word wanneer daar meer duidelikheid oor groot byeenkomste is.

Maar totdat dit nie gehou kan word nie, kan die geld wat hulle met die konsert sou verdien nie aan Cawood oorhandig word nie.

Cawood, wat Donderdag in RSG se eerste Covid-19-drama, Krag, te hoor was, het in November 2019 laas gewerk nadat kanker by haar gediagnoseer is.

Sy het wel vanjaar in die kykNET-sepie Binnelanders verskyn, maar die tonele is laat verlede jaar verfilm.

Cawood en haar man, die akteur Wilson Dunster, het verlede jaar op Afrikaans is Groot ’n klein drama opgevoer. Sy het egter swak geword en kon net in twee van die nege konserte optree.

• Besoek https://pay.yoco.com/Elize-Cawood-Fonds indien jy Cawood geldelik wil bystaan.

Meer oor:  Elize Cawood  |  Barry Pretorius  |  Kanker  |  Fonds
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.